2018 Sportontbyt: ‘n Oggend van sterre!

Sportsterre van ons plaaslike sportlui is vanoggend vereer vir hulle suksesse by die Radio Rosestad en Cell C sportontbyt vir 2018.

Radio Rosestad wens elke wenner en genomineerde in die verskillende kategorië geluk met hulle prestasies.

Dankie aan Sarel Henry van FVH Productions vir die fotos.

Hier is die wenners:

Radio Rosestad en Cell C Junior Sportster vir Gestremdes
Arina Nicholaisen – Atletiek T38

Radio Rosestad en Cell C Sportster vir Gestremdes
Juanelie Meijer – Atletiek T38

Radio Rosestad en Cell C Junior Sportvrou
Tharina van der Walt – Atletiek

Radio Rosestad en Cell C Junior Sportman
Raynard van Tonder – 0/19 Krieket

Radio Rosestad en Cell C Junior Sportster
Raynard van Tonder – 0/19 Krieket

Radio Rosestad en Cell C Sportvrou
Jayme-Sue Vermaas – Driekamp

Radio Rosestad en Cell C Sportman
Francois Venter – Toyota Cheetah Rugby

Radio Rosestad en Cell C Sportster
Francois Venter – Toyota Cheetah Rugby