Besoeke deur sogenaamde BBP’s aan Bosasa-maatskappye is na bewering verberg

Besoeke deur sogenaamde BBP’s aan Bosasa-maatskappye is na bewering verberg

Die tegniese streekskoördineerder by Global Technology Systems, ʼn filiaal van Bosasa, Richard le Roux, sê hy het gereeld opdrag ontvang om alle beeldmateriaal vanaf die kameras en bedieners te wis nadat BBP- en BBBP-gaste die maatskappy se perseel besoek bet.

In sy getuienis voor die staatskapingskommissie vandag het Le Roux gesê die opdrag het gekom van hetsy die hoofbestuurder van Bosasa, Gavin Watson, of van die voormalige werknemer, Angelo Agrizzi.

Le Roux sê hy het oor die algemeen nie na die materiaal gekyk voordat hy dit gewis het nie, maar onthou dat hy wel na een greep gekyk het.

Le Roux sê hy het ook ʼn spesiale projekspan gelei wat geslote baan televisiekameras en elektriese heinings geïnstalleer het en onderhoud uitgevoer het by ministers en amptenare se wonings.

Een só ʼn projek was by die huis van die minister van Omgewingsake, Nomvula Mokonyane, in Krugersdorp.

Vodacom sluit sy hoofkantoor te midde van Bel-my-asseblief-betogings

Vodacom sluit sy hoofkantoor te midde van Bel-my-asseblief-betogings

Vodacom het sy hoofkantoor en die Vodacom World-winkelsentrum in Gauteng gesluit, terwyl betogers saamtrek vir ʼn betoging in verband met die Bel-my-asseblief-fiasko.

Die betogers sê Vodacom skuld vir Nkosana Makate R70-miljard vir sy Bel-my-asseblief-idee.

Die Grondwethof het in 2016 bevind dat Makate wel die diens uitgevind het en het die partye opdrag gegee om op redelike vergoeding ooreen te kom.

Vodacom sê hy het ‘n aanbod aan Makate gedoen, maar wou nie die bedrag bekendmaak nie.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê dit sal voortydig wees om kommentaar te lewer op die situasie in Zimbabwe

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê dit sal voortydig wees om kommentaar te lewer op die situasie in Zimbabwe

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê dit sal voortydig wees om kommentaar te lewer op die situasie in Zimbabwe.

Hy het die media toegespreek by die 10de jaarlikse konferensie van Konstitusionele Jurisidiksies van Afrika in Midrand.

Daar is onlangs berig oor mense wat vermoor, verkrag, geïntimideer en seksueel geteister is deur die polisie en soldate in Zimbabawe, wat gekant is teen die opstande.

Mogoeng sê hy weerhou hom ook van kommentaar omdat die Zimbabwiese Hooggeregshof, wat lid is van die konferensie oor Konstitusionele Jurisdiksie van Afrika self nog geen kommentaar gelewer het nie.

Mogoeng sê dit is beter om reaksie aan politici en menseregtegroepe oor te laat omdat hy sê dit is regslui se taak om slegs op grond
van bewyse, ‘n oordeel te vel.

Angelo Agrizzi is versoek om ook voor die Mokgoro-kommissie te verskyn

Angelo Agrizzi is versoek om ook voor die Mokgoro-kommissie te verskyn

Angelo Agrizzi is versoek om voor die Mokgoro-kommissie te verskyn wat ondersoek instel na die geskiktheid om hul ampte te beklee van twee geskorste amptenare van die Nasionale Vervolgingsgesag, Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi.

Bosasa se voormalige bedryfsbestuurder het vroeër voor die staatskapingskommissie getuig dat Jiba gunslone ontvang het om vervolgings te
voorkom.

Die getuienisleier van die Mokgoro-kommissie, Nazreen Bawa, het bevestig dat afskrifte van Agrizzi se getuienis vanaf die Zondo-kommissie ontvang is.

Verskeie optogte sal gehou word op die 22ste herdenking van die wettiging van aborsie in Suid-Afrika

Verskeie optogte sal gehou word op die 22ste herdenking van die wettiging van aborsie in Suid-Afrika

Verskeie optogte sal gehou word op die 22ste herdenking van die wettiging van aborsie in Suid-Afrika.

Die organiseerders sê 1,6-miljoen babas is doodgemaak sedert aborsie op 1 Februarie 1997 gewettig is.

In Kaapstad sal die Christen Aksie-netwerk môre ʼn begrafnisstoet na die parlement hou vir dié babas wat nooit ʼn begrafnis gehad het nie.

Ander pro-lewe-betogings en gebedsbyeenkomste vind vandag in Durban plaas en op Saterdag in Oos-Londen en Pretoria, terwyl daaglikse
betogings en gebedswake in Bloemfontein aangebied word.

Die Menseregtekommissie ondersoek die dood van ʼn leerder by die Christiana Skool vir Blindes in Noordwes

Die Menseregtekommissie ondersoek die dood van ʼn leerder by die Christiana Skool vir Blindes in Noordwes

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek die dood van ʼn leerder by die Christiana Skool vir Blindes in Noordwes.

Die kommissie het die skool die week besoek en doen ook moeite om die kind se ouers te ontmoet.

Die MRK sê hy is diep bekommerd oor die veiligheid, sekerheid en die reg op lewe van die leerders by alle skole en in die besonder by spesiale skole.

In Augustus 2015 het drie meisies in ʼn brand omgekom by die Noordwes Skool vir Dowes op Leeudoringstad

Kanada: Tuinargitek pleit skuldig in verband met die moorde op agt mans

Kanada: Tuinargitek pleit skuldig in verband met die moorde op agt mans

Uit Kanada word berig dat ʼn tuinargitek van Toronto skuldig gepleit het in verband met die moorde op agt mans wat tussen 2010 en 2017 vermis geraak het.

Die 67-jarige Bruce McArthur is ʼn jaar gelede in hegtenis geneem en van twee moorde aangekla, maar die polisie het hom daarna met nog ses sake verbind.

Die BBC berig dat die meeste van sy slagoffers bande gehad het met Toronto se gay-buurt.

McArthur se vonnisoplegging sal volgende Maandag begin en elk van die aanklagte van moord in die eerste graad vereis outomaties ʼn verpligte lewenslange vonnis.

AfriForum doen regstappe teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens

AfriForum doen regstappe teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens

AfriForum doen regstappe teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens, om koste te verhaal in verband met ʼn dringende uitsettingsbevel verlede jaar.

Dit volg nadat die SAPD glo geweier het om op te tree tydens ʼn grondgryp naby Onderstepoort in Pretoria.

AfriForum se Ian Cameron sê die polisie het in Augustus verlede jaar geweier om Motodi Maserumule by te staan en oortreders in hegtenis te neem, toe hulle sy grond onwettig beset het en begin het om strukture op te rig.

BOSASA se voormalige finansiële hoof sit vandag sy getuienis voort by die Zondo-kommissie na staatskaping

BOSASA se voormalige finansiële hoof sit vandag sy getuienis voort by die Zondo-kommissie na staatskaping

BOSASA se voormalige finansiële hoof, Andries van Tonder, sit vandag sy getuienis voort by die Zondo-kommissie na staatskaping.

Hy het gistermiddag begin getuig nadat die voormalige bedryfshoof, Angelo Agrizzi, na nege dae in die getuiebank sy sy getuienis afgesluit het.

Van Tonder het gister gesê dat hy nie aanvanklik gedink het dat hy die omgerymhede by Bosasa moet aanmeld nie.

Volgens hom het die bestuurshoof, Gavin Watson, hulle die versekering gegee dat alles onder beheer is toe die Spesiale Ondersoekeenheid Bosasa onder die vergrootglas geplaas het.

Hy het getuig dat hy bekommerd geraak het toe sy naam in die verslag van die SOE genoem is, omdat dit ‘n invloed kan hê as hy vir ‘n pos sal aansoek doen.