Toyota Suid-Afrika het aangesluit by ander maatskappye wat hul borgskappe van die Afrikaans is Groot-musiekkonserte onttrek het

Toyota Suid-Afrika het aangesluit by ander maatskappye wat hul borgskappe van die Afrikaans is Groot-musiekkonserte onttrek het

Toyota Suid-Afrika het aangesluit by ander maatskappye wat hul borgskappe van die Afrikaans is Groot-musiekkonserte onttrek het as gevolg van die insluiting van die omstrede sanger, Steve Hofmeyr.

MTN het ook vroeër onttrek.

Toyota het in ʼn verklaring gesê dat hy eerder betrokke wil raak by skeppende en musikale geleenthede wat die uiteenlopende aard en maatskaplike samehang in die land bevorder.

Die organiseerders van die konsert het intussen ʼn veldtog van stapel gestuur waarvolgens die publiek gevra word om die geleenthede te borg.

Die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, en vyf medebeskuldigdes verskyn vandag weer oor tenderbedrog van miljoene rand

Die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, en vyf medebeskuldigdes verskyn vandag weer oor tenderbedrog van miljoene rand

Die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, en vyf medebeskuldigdes sal na verwagting vandag in die Handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn in verband met beweerde tenderbedrog van miljoene rand.

Mti, die voormalige finansiële hoof, Patrick Gillingham, en twee voormalige hoofde van Bosasa, Angelo Agrizzi en Andries van Tonder, word aangekla van bedrog en korrupsie.

Hulle is verlede maand in hegtenis geneem ná ‘n omvattende ondersoek deur die Valke na bewerings van tenderongerymdhede deur African Global
Properties, voorheen bekend as Bosasa.

Die ses is tydens hul vorige hofverskyning op borgtog van R20 000 elk vrygelaat.

Die OBK het sy uitvoerende hoof van eiendomme, Vuyani Haki, as waarnemende bestuurshoof aangestel

Die OBK het sy uitvoerende hoof van eiendomme, Vuyani Haki, as waarnemende bestuurshoof aangestel

Die Openbare Beleggingskorporasie het sy uitvoerende hoof van eiendomme, Vuyani Haki, as waarnemende bestuurshoof aangestel in die plek van Matshepo More, wat gister voorlopig geskors is.

More se skorsing volg op bewerings van imenging by die sake van die kommissie wat ondersoek instel na ongerymdhede by die OBK.

Haar skorsing volg etlike weke ná die OBK se direkteure aangebied het om te bedank weens bewerings dat vier direkteure by misdrywe betrokke is.

Die Vereniging van Staatsamptenare sê egter die hele raad behoort afgedank te word.

Brei-Projek – 2019

Radio Rosestad Skemerkelk – Maart 2019

Volgens navorsing eindig 70% van loterywenners bankrot op

Volgens navorsing eindig 70% van loterywenners bankrot op

Finansiële kenners waarsku dat die meeste gewone mense dikwels hul werklikheidsbesef verloor, wanneer hulle skielik ʼn groot bedrag geld ontvang.

Navorsing dui daarop dat omtrent 70% van loterywenners, of mense wat ʼn skielike geluk uit ʼn ander oord ontvang, bankrot raak en dat ʼn derde binne vyf jaar insolvent verklaar word.

Die finansiële hoofbestuurder van Momentum Consult, Riaan Verbeek, sê persone wat skielik ʼn klomp geld ontvang mors maklik die fortuin uit.

Solidariteit ontvang teenargumente vanaf die president van BLF

Solidariteit ontvang teenargumente vanaf die president van BLF

Solidariteit het teenargumente ontvang vanaf die president van Black First Land First, Andile Mngxitama, in reaksie op die klagte wat hulle verlede maand teen die party ingedien het by die Gelykheidshof.

Dit hou verband met die uitspraak van die BLF-woordvoerder, Lindsay Maasdorp, waarin hy die dood van vier leerders in die Driehoek-skooltragedie verheerlik het.

Solidariteit se Anton van der Bijl sê hoewel hulle vryheid van spraak steun, het die BLF te ver gegaan.

Die DA sal toegelaat word om sy eie seëls op stembusse aan te bring

Die DA sal toegelaat word om sy eie seëls op stembusse aan te bring

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het toestemming verleen aan die DA om sy eie seël aan te bring op stembusse tydens vanjaar se algemene verkiesing.

Die opposisieparty sê dit sal help om die integriteit van die uitslae te beskerm.

Die OVK sê die Kieswet maak voorsiening daarvoor dat politieke partye hul eie seëls op stembusse aanbring om te verseker daar word nie mee gepeuter nie.

Die Mail & Guardian berig dit volg nadat stembusse op verskeie plekke in Gauteng gevind is in die nasleep van die verkiesing in 2014.

Tiener pleeg selfdood nadat sy die massaslagting by ʼn Amerikaanse hoërskool oorleef het

Tiener pleeg selfdood nadat sy die massaslagting by ʼn Amerikaanse hoërskool oorleef het

ʼn Tiener wat laasjaar se skoolslagting in Florida oorleef het, het selfdood gepleeg.

Sydney Aiello, se ma Cara, het aan CNN gesê dat haar dogter aan oorlewende-skuldgevoel gely het ná een van die dodelikste massamoorde in moderne Amerikaanse geskiedenis.

Sy is onlangs gediagnoseer met posttroumatiese stresversteuring.

Veertien kinders en drie onderwysers het omgekom toe die 19-jarige Nikolas Cruz in Februarie verlede jaar die Hoërskool Marjory Stoneman Douglas in Parkland aangeval het.

Suid-Afrikaanse vlieënier is dood toe hy sy vliegtuig in ʼn gebou in Botswana vasgevlieg het ná ʼn geskil met sy vrou

Suid-Afrikaanse vlieënier is dood toe hy sy vliegtuig in ʼn gebou in Botswana vasgevlieg het ná ʼn geskil met sy vrou

Die polisie van Botswana stel ondersoek in na die dood van ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier nadat hy met sy vliegtuig in die klubhuis by die Matsieng-vliegveld vasgevlieg het.

Dit volg oënskynlik op ʼn meningsverskil met sy vrou in die gebou.

Die man het uitgestorm, in sy vliegtuig geklim en ʼn aantal lae verbyvlugte gedoen uit verskillende rigtings.

Die klubhuis is toe ontruim voor sy laaste vlug.

Die gebou, lugbeheertoring en 13 voertuie wat geparkeer was, is vernietig, maar niemand anders is beseer nie.

Die vlieënier is geïdentifiseer as die 37-jarige Charl Viljoen, oorspronklik van Olifantshoek in die Noord-Kaap.

Hy en sy vrou woon en werk reeds die afgelope 13 jaar in Botswana.