Korporatiewe spesialis by Eskom sal by die Zondo-kommissie na Staatskaping getuig oor die Tesourie-afdeling se besteding

Korporatiewe spesialis by Eskom sal by die Zondo-kommissie na Staatskaping getuig oor die Tesourie-afdeling se besteding

‘n Korporatiewe spesialis by Eskom, Sincedile Shweni, sal vandag by die Zondo-kommissie na Staatskaping in Johannesburg getuig oor die Tesourie-afdeling se besteding.

Verlede week het Eskom se hoof van Tesourie, Andre Pillay, getuig dat die Eskom-bestuurslede aangedring het om die kontrak met die Chinese batebestuursmaatskappy, Wharong, te onderteken, ten spyte van die raad se teenkanting.

Pillay sê Eskom sou ingevolge die kontrak ‘n vooraf-betaling van 260 miljoen rand moes doen, voordat daar met enige werk begin word.

Pillay sê dit sou onvolhoubaar wees vir Eskom.

Hy het ook getuig dat daar al meer konsultante van McKinsey en Trillian by Eskom opgedaag het met die aankoms van die voormalige bestuurshoofde, Brian Molefe en Anoj Singh by Eskom.