Die dodetal in die tweede sikloon wat Mosambiek in enkele weke teister het gestyg tot 38

Die dodetal in die tweede sikloon wat Mosambiek in enkele weke teister het gestyg tot 38

Die dodetal in die tweede sikloon wat Mosambiek in enkele weke teister het gestyg tot 38, met noodspanne wat sukkel om die gebiede te bereik wat die meeste deurgeloop het.

Sikloon Kenneth het Pemba in die noorde getref, nadat Idai laasmaand ʼn pad van verwoesting in Beira in die suide gelaat het.

Vlugte is gister as gevolg van die spoelreën gekanselleer en nooddienswerkers kon nie by die slagoffers uitkom nie.

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Filantropiese Aangeleenthede het Kenneth beskryf as die sterkste sikloon wat die vasteland nog getref het.

Ekonoom waarsku dat die styging in brandstofpryse kan lei tot hoër kospryse

Verbruikers het reeds oral in die land in toue ingeval by vulstasies voor die petrolprysstyging wat om middernag in werking tree

Verbruikers het reeds oral in die land in toue ingeval by vulstasies voor die petrolprysstyging wat om middernag in werking tree.

Môre sal alle grade petrol 54 sent per liter meer kos, terwyl die prys van diesel en lampolie onderskeidelik met slegs een en drie sent per liter sal styg.

Die prys van huishoudelike gas styg met 84 sent per kilogram.

Die Departement van Energie sê die Rand het oor die algemeen effens versterk teenoor die Amerikaanse dollar, maar die prys van Brent-ruolie het ʼn
skerp styging getoon.

'n Derde klag van moord met voorbedagte rade staar die genadedoodaktivis Sean Davison in die gesig

‘n Derde klag van moord met voorbedagte rade staar die genadedoodaktivis Sean Davison in die gesig

‘n Derde klag van moord met voorbedagte rade staar die genadedoodaktivis Sean Davison in die gesig.

Davison, hoogleraar aan die Universiteit van Kaapstad, het vanoggend vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Die jongste klag spruit uit die dood van Richard Holland wat in November 2015 ‘n dodelike dosis medisyne ontvang het.

Davison se saak is tot 24 Mei uitgestel.

Die DA beplan om ʼn amptelike klagte in te dien by die OB teen die Minister van Kommunikasie

Die DA beplan om ʼn amptelike klagte in te dien by die OB teen die Minister van Kommunikasie

Die DA beplan om ʼn amptelike klagte in te dien by die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, teen die Minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni Abrahams.

Dit volg ná berigte dat sy die vrystelling van die kommunikasieowerheid, Okosa, se begrotingstoekenning vertraag oor die owerheid se weiering om die
aankondiging van 5G-sellulêre netwerk te skrap uit die Jaarlikse Prestasieplan, voordat dit aan haar kantoor voorgelê word.

Die DA beweer dat die minister die aankondiging van die 5G-sellulêre netwerk en die verkope van die nuwe spektrum vir die plaaslike selfoonbedryf wil kaap vir haar eie verkiesingsbeloftes.

Die VN gaan sowat R170 miljoen aan Mosambiek en die Comoros-eilande bewillig vir noodlenigingswerk na die skade wat sikloon Kenneth aangerig het

Die VN gaan sowat R170 miljoen aan Mosambiek en die Comoros-eilande bewillig vir noodlenigingswerk na die skade wat sikloon Kenneth aangerig het

Die Verenigde Nasies gaan sowat R170 miljoen aan Mosambiek en die Comoros-eilande bewillig vir noodlenigingswerk na die skade wat sikloon Kenneth aangerig het.

Die geld sal gebruik word om voedsel en water te verskaf en skade aan infrastruktuur te bewerkstellig.

Kenneth is die tweede sikloon in ‘n maand wat Mosambiek tref.

Die geld is afkomstig van die Sentrale Noodfonds.

Sikloon Kenneth het verlede Donderdag die noordelike provinsie Cabo Delgado getref en dorpies platgevee.

Minstens vyf mense is dood in die swaar reën en oorstromings.

Die dodetal ná die stortreën wat oorstromings in die Oos-Kaap veroorsaak het, het tot elf gestyg

Die dodetal ná die stortreën wat oorstromings in die Oos-Kaap veroorsaak het, het tot elf gestyg

Die dodetal ná die stortreën wat oorstromings in die Oos-Kaap veroorsaak het, het tot elf gestyg nadat nog ‘n persoon in die Hlulekarivier naby Ngqeleni verdrink het.

Vier van die slagoffers was skoolkinders.

In nog ‘n voorval het ‘n kleuter verdrink nadat hy in ‘n sloot in Port Elizabeth geval het.

Die meeste van die slagoffers is dood terwyl hulle riviere oorgesteek het.

Twee skoolseuns het verdrink terwyl hulle in ‘n dam geswem het.

Die soektog na die liggaam van ‘n leerder wat deur vloedwater meegesleur is, duur steeds voort.

Die petrolprys sal Woensdag opskiet met tussen R1,31 en R1,34 sent per liter in Gauteng, afhangend van die oktaanvlak

Nog ‘n verhoging in die brandstofprys het vuisvoos verbruikers teen die toue

Die Departement van Energie het aangekondig dat die prys van 93- én 95-oktaanpetrol in Mei met 54 sent per liter sal styg, terwyl die prys van diesel met een sent per liter duurder word.

Die prys van paraffien styg met drie sent per liter.

Die departement sê hoewel die rand effens verstewig het teen die dollar, het die prys van brent ru-olie van 66 Amerikaanse dollar tot meer as 70 Amerikaanse dollar gestyg, wat die hoogste vlak in ses maande is.

Dit het onder meer gevolg nadat die Amerikaanse regering aangekondig het dat hy nie meer vrystellings van sanksies sal toelaat vir lande wat olie van Iran koop nie.

Bloemskou 2019!

Die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning moet haar uitlatings aan haar bestuurders oor sportgeriewe aan die Menseregte Kommissie verduidelik

Die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning moet haar uitlatings aan haar bestuurders oor sportgeriewe aan die Menseregte Kommissie verduidelik

Die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Faith Mazibuko, sal vandag haar uitlatings aan haar bestuurders oor sportgeriewe aan die Menseregte Kommissie moet verduidelik.

Mazibuko het volgens `n klankopname in Maart teen die bestuurders uitgevaar en neerhalende opmerkings gemaak omdat die sportgeriewe
nie voltooi was nie en sy dit in haar verkiesingsveldtog wou gebruik.

Sy het intussen om verskoning gevra vir haar uitlatings aan die twee vroue-bestuurders.

Die kommissie wil hê Mazibuko moet verduidelik wat sy met haar uitlatings bedoel het.

Swaar vonnisse verwelkom wat opgelê is aan 4 mans vir plaasaanval

Die Valke in die Oos-Kaap het die swaar vonnisse verwelkom wat opgelê is aan vier mans vir ʼn plaasaanval naby Aberdeen twee jaar gelede.

Lwandile Aseni, Floyd Nkohla, Zwelakhe Mguzulwa en Freddie Jaxa is almal tot 25 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis in die Hooggeregshof op Makhanda.

Hulle het in Maart 2017 die Makhatees-plaas betree, die 45-jarige plaaseienaar geskiet en sy tienerseun met ʼn pyp aangerand.

Die 14-jarige het teruggeveg en die aanvallers het gevlug sonder om iets te steel.