Ekstremiste het hul aanvalle in die noorde van Mosambiek hervat

Ekstremiste het hul aanvalle in die noorde van Mosambiek hervat

Ekstremiste het hul aanvalle in die noorde van Mosambiek hervat nadat hulle dit, vermoedelik weens die sikloon Kenneth in April, tydelik gestaak het.

Die militante-groep se identiteit en motiewe is steeds onbekend.

Hulle het vroeër die maand die pad van Pemba na die kusdistrik van Palma geteiken waar oorsese maatskappye besig is met gasontginning.

Meer as twintig mense is die afgelope ruk in die Cabo Delgado-provinsie vermoor en hul huise is aan die brand gesteek.

Die djehadiste groep het hul aanvalle gestaak tydens die sikloon, wat 45 lewens geëis het.

Reddingspanne en VN-organisasies was besig met hulpverlening en soektogte na vermistes, toe die aanvalle hervat is.

SANEF se saak sal in Augustus aangehoor word

SANEF se saak sal in Augustus aangehoor word

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum sê sy saak in die Gelykheidshof wat daarop gerig is om joernaliste teen teistering en laster te beskerm, sal in Augustus aangehoor word.

Sanef het teen die einde van laasjaar ʼn saak in die Gelykheidshof teen die EFF aanhangig gemaak, ná ʼn stortvloed van lasterlike en gevaarlike dreigemente teen joernaliste.

Sanef sê hy glo dat dié saak uiteindelik die leierskap van die EFF tot verantwoording sal roep oor sy volgehoue teistering van joernaliste.

Die rand het met bykans een persent teruggesak teen die meeste vernaamste geldeenhede

Die rand het met bykans een persent teruggesak teen die meeste vernaamste geldeenhede

Die rand het met bykans een persent teruggesak teen die meeste vernaamste geldeenhede.

Die geldeenheid het vanoggend op sy laagste vlak van R14,86 in vyf maande teen die Amerikaanse dollar verhandel, maar later tot R14,71 versterk.

Dit word toegeskryf aan politieke onsekerheid in afwagting op President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor wie in sy nuwe kabinet gaan wees.

Die Randburgse Landdroshof hoor vandag die saak van diskriminasie en haatspraak teen die voormalige bedryfsdirekteur van Bosasa, Angelo Agrizzi, aan

Die Randburgse Landdroshof hoor vandag die saak van diskriminasie en haatspraak teen die voormalige bedryfsdirekteur van Bosasa, Angelo Agrizzi, aan

Die Randburgse Landdroshof wat vandag as Gelykheidshof sit, sal die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se saak van diskriminasie en haatspraak teen die voormalige bedryfsdirekteur van Bosasa, Angelo Agrizzi, aanhoor.

Agrizzi het vroeër vanjaar voor die staatskapingskommissie erken dat hy ʼn rassis is.

In ʼn klankopname wat by die kommissie gespeel is, kan gehoor word hoe hy verskeie kere die k-woord gebruik om na Bosasa se direkteure te verwys.

Die kommissie se Buang Jones sê dié saak is ʼn bewys daarvan dat die land nog lank gaan neem om rassisme uit te skakel.

Die premier van die Vrystaat het haar nuwe uitvoerende raad in Bloemfontein aangekondig

Die premier van die Vrystaat het haar nuwe uitvoerende raad in Bloemfontein aangekondig

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het haar nuwe uitvoerende raad in Bloemfontein aangekondig.

LUR’e van die vorige administrasie is behou, en nuwe en jonger lede is ook aangestel.

Vorige LUR’e wat in Ntombela se raad opgeneem is, is Dimakatso Mahasa vir Sport, Montsheng Tsiu vir Gesondheid, Tate Makgoe vir Onderwys, Sam Mashinini vir Polisie en Paaie en Mamiki Qabathe vir Maatskaplike Ontwikkeling.

Ntombela het die nuwe LUR’e aangemoedig om saam met die mense van die Vrystaat te werk om die provinsie te verbeter.

Die ANC se Integriteitskomitee gaan vandag sy verslag aan die party se nasionale uitvoerende komitee oorhandig

Die ANC se Integriteitskomitee gaan vandag sy verslag aan die party se nasionale uitvoerende komitee oorhandig.

Die voorsitter van die komitee, George Mashamba, het bevestig dat hulle werk rakende bewerings teen sommige ANC-lede oor wangedrag en dat die ANC in onguns gebring is, afgehandel is.

Hy sê die N.U.K sal die publiek inlig oor die uitslag en enige verdere optrede.

Die komitee het die afgelope paar dae die geleentheid geskep vir 20 ANC-lede om hul saak te stel.

Onder hulle was die adjunk-president van die ANC, David Mabuza, wat gister eers as parlementslid ingehuldig is, nadat hy op eie versoek voor die komitee verskyn het.

Die komitee moes ook bepaal of Pravin Gordhan geskik is om in die nuwe kabinet as minister te dien.

‘n Minderjarige wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy onderwyser in 2018 naby Kuruman doodgesteek het, sal na verwagting vandag gevonnis word

‘n Minderjarige wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy onderwyser in 2018 naby Kuruman doodgesteek het, sal na verwagting vandag gevonnis word.

Die 15-jarige seun is in April vanjaar in die landdroshof op Kathu in die Noord-Kaap skuldig bevind aan moord, aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging en diefstal.

Die leerder het na bewering na die onderwyser se huis gegaan en sy vensters begin breek.

Toe hy gekonfronteer is, het hy die onderwyser gesteek en hom daarvan beskuldig dat hy hom sy graad laat druip het.

Die ANC se NUK sal na verwagting die week vergader oor die vorige adjunkpresident, David Mbuza, se beplande voorleggings aan die Integriteitskomitee

Die ANC se NUK sal na verwagting die week vergader oor die vorige adjunkpresident, David Mbuza, se beplande voorleggings aan die Integriteitskomitee

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal na verwagting die week vergader oor die vorige adjunkpresident, David Mbuza, se beplande voorleggings aan die Integriteitskomitee.

Die Presidensie het verlede week gesê Mabuza het gevra dat sy inhuldiging as LP uitgestel word na ‘n verslag van die Integriteitskomitee waarin
beweer word dat hy die party in onguns gebring het.

Mabuza wou voorleggings aan die komitee doen. In nog ‘n verwikkeling het die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sy skok oor die tydsberekening van ‘n verslag van die Openbare Beskermer oor die Ivan Pillay-kwessie uitgespreek.

Gordhan word ook genoem as ‘n kandidaat vir ‘n ministerspos.

Sy regsverteenwoordiger sê Gordhan gaan die O.B se verslag op hersiening neem waarin hy aan wangedrag skuldig bevind is.

ʼn Regter van Utah in die VSA sonder betaling geskors nadat hy omstrede opmerkings in sy hof en op Facebook maak oor president Donald Trump

ʼn Regter van Utah in die VSA sonder betaling geskors nadat hy omstrede opmerkings in sy hof en op Facebook maak oor president Donald Trump

ʼn Regter van Utah in die VSA is vir ses maande sonder betaling geskors nadat hy omstrede opmerkings in sy hof en op sy Facebook-bladsy gemaak het oor president Donald Trump.

Regter Michael Kwan het dié opmerkings gemaak tydens Trump se veldtog in 2016 en nadat hy tot president verkies is.

CNN berig dat die opmerkings verwysings na die Access Hollywood-opname insluit waarin Trump kru opmerkings oor vroue gemaak het.

Die Hooggeregshof van Utah het beslis dat Kwan die gedragskode verskeie kere oortree het.

Die Presidensie sê die aankondiging van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet sal eers later die week gedoen word

Die Presidensie sê die aankondiging van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet sal eers later die week gedoen word

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting sy kabinet eers later die week aankondig.

Daar is wyd bespiegel dat hy dit vandag sou doen.

Die Presidensie sê egter die Grondwet bepaal dat die president sy amp binne vyf dae nadat hy deur die Parlement verkies is moet opneem en daarna sy kabinet aanstel.

Die kantoor sê ook dat Ramaphosa dit benadruk het dat die nuwe uitvoerende bestuur oor vereiste vaardighede en ondervinding moet beskik en verteenwoordigend moet wees en verbind tot openbare diens om só die sesde administrasie te lei.