Ace Magashule sê hy steur hom nie aan die DA se besluit om 'n klag te lê by die Verkiesingskommissie nie

Ace Magashule sê hy steur hom nie aan die DA se besluit om ‘n klag te lê by die Verkiesingskommissie nie

Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sê hy steur hom nie aan die DA se besluit om ‘n klag te lê by die Verkiesingskommissie nie.

Magashule het glo R400 aan ‘n vrou gegee as deel van sy deur-tot-deur veldtog die naweek in Phillipi op die Kaapse Vlakte.

Magashule sê dit is nie stemkopery om geld te gee aan diegene wat nie kos het nie.

Die DA het gevra dat die Verkiesingskommissie moet ondersoek instel of Magashule se optrede ‘n skending van die Kieswet was.

Indien Magashule skuldig bevind word, kan hy ‘n formele waarskuwing of ‘n boete van tot R200 000 opgelê word.