Adjunkhoofregter Zondo kan vandag sy besluit bekend maak oor of Tom Moyane die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, mag kruisondervra

Adjunkhoofregter Zondo kan vandag sy besluit bekend maak oor of Tom Moyane die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, mag kruisondervra

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sal na verwagting vandag sy besluit bekend maak oor of die voormalige hoof van die Inkomstediens, Tom Moyane, die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, mag kruisondervra.

Moyane het verlede maand by die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping aansoek gedoen om Gordhan te kruisondervra oor hoe Moyane as die kommissaris van die Inkosmtediens aangestel is.

Gordhan het die aansoek teengestaan omdat Moyane volgens hom ‘n openbare platform soek om mense by te kom wat hom in ‘n slegte lig stel.

Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride sal intussen vandag sy getuienis voortsit.