Radio Rosestad is n Gemeenskapsdiens Radio-stasie wat op drie beginsels berus, naamlik; Christenskap, Afrikaanse Taal en Afrikaanse Kultuur.

Radio Rosestad saai in ‘n 120km radius uit in en om Bloemfontein, asso werelwys op ons webtuiste.
Rosestad se Verkoopsafdeling bedien klante en besighede met bekostigbare en effektiewe elektroniese bemarkingspakette, wat die volgende kan insluit:

  • Generiese Advertensies – Gewoonlik dertig sekonde advertensieopnames wat sigbaarheid van u besigheid bevorder en luisteraars laat kennis neem van die aard en produkte wat die besigheid bied.
  • Lewendige lees advertensies – Hier word op spasiale aanbiedinge gekonsentreer.
  • Inbelle – Jy praat direk met jou mark oor jou besigheid se aanbiedinge.
  • Onderhoude – So leer die luisteraar jou en jpu besigheid beter ken, vrae wat gewoonlik beantwoord word is; wie is ons, waar is ons, wat is ons besigheid, wanneer is ons beskikbaar en wat maak die besigheid uitstaan in die mark.
  • Borgskappe in programme en Kompetisies om u besigheid verder te bemark.
  • Buite-uitsending – Radio Rosestad saai regstreeks uit vanaf u besigheid – gewoonlik ‘n 4 uur uitsending – veral op spesiale dae of promosies wat gewoonlik heelwat voete na die besigheid lok.

Daar is ook verskeie pakette beskikbaar om enige besigheid se begroting te pas, maar maar ‘n afspraak om ‘n sakpas pakket wat spesifiek op u mark gemik is saam te stel.

Luister Profiel:
Taal: Afrikaans Geslag: Mans 39% Vroue 61% en ouderdom: 25 – 65
Markaandeel: 49% Rosestad is trots op die syfer – 49% van radio luisteraars in ons uitsaaigebied verkies Radio Rosestad bo al die ander uitsaaiers in die gebied, en dit sluit ‘n nasionale uitsaaier en kommersiele radiostasie in!
SEM 7 – 10 70% Hierdie is ‘n beduidende getal veral vir besighede. Sewentig persent van Rosestad se luisteraars is in die top verdieners kategorie soos gemeet aan besteebare inkomste.

Om jou sakpas effektiewe elektroniesemedia advertensiepakket saam te stel kontak die Verkoopsbestuurder Johleen Olivier by 083 264 0270 of stuur ‘n e-pos na: johleen@rosestad.co.za