AfriForum versprei duisende maaltye aan gestremdes

Meer as 200 000 maaltye is in 72-uur deur die burgerregte-organisasie Afriforum en die familieboernetwerk, Saai, uitgedeel om die Covid-19-kosnood aan te spreek.

Elke maaltyd bevat 55 voedingstowwe en kan deur stadige vrystelling ‘n honger individu vir ses ure versadig hou.

Die woordvoerder van Afriforum, Ian Cameron, sê kwesbare groepe soos mense met gestremdhede het van die maaltye ontvang.