AfriForum vra ‘n onderneming dat ras nie ‘n rol sal speel in hulpverlening aan klein sakeondernemings nie

AfriForum wil hê dat die minister van Kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, ‘n skriftelike onderneming moet gee dat ras nie ‘n rol sal speel in hulpverlening aan klein sakeondernemings nie.

Die minister bestempel nuusberigte dat staatsteun te midde van die koronavirus-pandemie ‘n vereiste van 51% swart besit inhou as fopnuus.

Die AfriForum-woordvoerder, Kallie Kriel, sê Ntshavheni het tot vanmiddag die saak om uit te klaar.