AgriSA sê onteiening sonder vergoeding sal nie grondhervorming bevorder nie

AgriSA sê onteiening sonder vergoeding sal nie grondhervorming bevorder nie

AgriSA sê hy sal alle geloofwaardige weë nastreef om die belange van boere en boeregemeenskappe te beskerm.

Dit sluit in teenstand in die hof teen ʼn wysiging van Artikel 25 van die Grondwet.

Die Nasionale Vergadering het die verslag aanvaar wat ʼn wysiging aanbeveel om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.

AgriSA se Annelize Crosby sê dié praktyk sal nie die bevordering van volhoubare grondhervorming bevoordeel nie.