All Black-flank, Sam Cane, het sy nek gebreek in Saterdag se Kampioenskapstoets teen die Springbokke

All Black-flank, Sam Cane, het sy nek gebreek in Saterdag se Kampioenskapstoets teen die Springbokke

Die All Blacks se mediese span het bevestig dat die flank, Sam Cane, ʼn werwelbreuk in sy nek opgedoen het tydens Saterdag se Kampioenskapstoets teen die Springbokke in Pretoria.

Die spandokter, Tony Page, sê Cane het die werwel gebreek maar daar was nie enige skade aan die senuwee nie en hy sal na verwagting volkome herstel.

Hy het die veld net voor rustyd op Loftus verlaat en sy span het voortgegaan en ʼn 32-30 oorwinning oor Suid-Afrika beklink.

Page sê Cane het ʼn operasie ondergaan om die besering te laat bestendig en sal dié week in Pretoria agterbly.

Die besering sal hom vir ʼn hele paar maande uit die spel hou.