Floyd Shivambu se broer het na bewering R16-miljoen van die VBS Bank ontvang

ANC se leierskap in Limpopo vergader met die NUK oor die VBS-skandaal

Die ANC-leierskap in Limpopo sal vandag met die NUK in Luthuli-huis vergader, ná die VBS Mutual Bank-skandaal.

Die Groot Bankroof-verslag gee besonderhede oor die diepgaande verderf by die bank.

Nagenoeg R2 miljard munisipale en belastingbetalersgeld is geplunder.

Twee senior ANC-amptenare in Limpopo word in die verslag betrek, naamlik die ondervoorsitter, Florence Radzilani, en die tesourier, Danny Msiza.

Die party het intussen al sy lede wat in die verslag betrek word na sy integriteitskomitee verwys.