ANC wil sy kant van die saak stel oor die vergaderings met banke oor die Gupta-rekeninge

ANC wil sy kant van die saak stel oor die vergaderings met banke oor die Gupta-rekeninge

Die ANC sê hy wil graag sý kant van die saak stel ten opsigte van die vergaderings van die organisasie met banke oor die Guptas se rekeninge.

Verteenwoordigers van die land se vier grootste banke het by die Zondo-staatskapingskommissie getuig dat die regering hul Luthuli-huis toe ontbied het, waar hulle na bewering opdrag ontvang het om die bankrekeninge oop te hou.

Die aantygings sluit in dat die voormalige minister van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane, ʼn direkte beroep op Nedbank se uitvoerende hoof, Michael Brown, gedoen het om in te gryp en werksgeleenthede te red deur die rekeninge van die Gupta-maatskappye te heropen.