Entries by Leandre

Nomgcobo Jiba kla oor onregverdige aanvalle

Die geskorste adjunkhoof van die Vervolgingsgesag, Nomgcobo Jiba, sê sy het ongekende onregverdige aanvalle oor die jare teëgekom. Sy getuig voor die Mokgoro-kommissie wat ondersoek instel na haar en Lawrence Mrwebi se geskiktheid om hulle poste te beklee. Jiba sê sy kon niks verkeerd vind toe sy ingelig is dat die bedrog- en korrupsieklagtes teen […]

Cyril Ramaphosa loof die werk van die Nasionale Weermag

President Cyril Ramaphosa sê die rol van die gewapende magte het noodwendig oor die jare ontvou in reaksie op wêreldwye veranderende militêre, politieke, maatskaplike en ekonomiese omstandighede. Hy het vandag die geleentheidsrede in Kaapstad gelewer tydens die militêre parade ter herdenking van Gewapende Magtedag. Die opperbevelvoerder van die SANW, sê die gewapende magte verenig mense. […]

KZN departement gelas om 200 kinders na drie kinderhuise in Ladysmith en Newcastle te laat terugkeer

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het gelas dat die KwaZulu-Natalse departement van Maatskaplike Ontwikkeling sowat 200 kinders na drie kinderhuise in Ladysmith en Newcastle moet laat terugkeer. Die departement het die kinders uit die kinderhuise verwyder weens bewerings van fisiese en emosionele mishandeling deur ‘n personeellid. Die bestuurshoof van die KZN Christelike Maatskaplike Dienste, dominee Gerhard […]

Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid glo miljoene is moontlik vanuit Namibië se SME Bank deur Johannesburg gekanaliseer is na onbekende bestemmings

Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid glo dat miljoene Rand moontlik vanuit Namibië se SME Bank deur Johannesburg gekanaliseer is na onbekende bestemmings. Daar is in ʼn ondersoek bevind dat daar kommerwekkende aanduidings is van ʼn geldwasseryskema in Johannesburg wat fondse uit die gelikwideerde SME Bank verskuif het. City Press berig dat van die geld deur rekenings […]

Meer as 4000 werkers by African Global Operations, wat vroeër bekend was as Bosasa, kan hulle werk kwyt wees

Meer as 4000 werkers by African Global Operations, wat vroeër bekend was as Bosasa, kan hulle werk kwyt wees. Die maatskappy het aangekondig dat hy gaan aansoek doen vir vrywillige likwidasie. Dit het gevolg nadat die maatskappy se banke kennis gegee het dat hulle rekeninge gesluit gaan word weens ernstige bewerings van korrupsie wat by […]