Entries by Leandre

Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk My eerste dag in die uitsaai, was by Springbokradio in Seepunt, Kaapstad. Ek het die rol van ‘n jong dokter gespeel in een van die middagvervolgverhale. Dit was in 1980. Die regisseur, Suzaan van Wyk (rus haar siel), het skielik tydens die opname die ateljee binnegestorm en my met […]

Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk Ek het vroeg in 1994 oorgeneem as agentskapteller by Standard Bank op Edenburg. Van die Maandag tot die Donderdag het ek by my voorganger opleiding ontvang. Toe die Vrydag aanbreek, was ek op my eie. Om ‘n agentskapteller te wees moet jy elke weeksdag met ‘n trommel geld na […]

Oproepe dat Malusi Gigaba afgedank moet word

Die vakbondfederasie, Cosatu, het ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, af te dank omdat hy volgens hulle ʼn las en verleentheid vir beide die Regering en die ANC geword het. Dit volg ná gister se bevinding deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, dat Gigaba nie alleen […]

Die vermeende Dros-verkragter is vir sielkundige waarneming gestuur

Die beskuldigde in die Dros-verkragtingsaak in Pretoria is gestuur vir sielkundige waarneming, toe hy vanoggend in ʼn plaaslike Landdroshof verskyn het. Die 20-jarige is in September in hegtenis geneem kort nadat ʼn sewejarige meisie in die badkamer van dié restaurant se Silverton-konsessie aangeval is. Die man het tydens sy eerste verskyning verlede maand besluit om […]

WAT SȆ DIE WOORD – 31 OKTOBER 2018

Op 31 Oktober 2018 is dit die 501ste herdenking van die Hervorming. Die tema wat hierby aansluit, naamlik ‘Die Beginsels van die Hervorming’ Riaan Schoeman se ateljeegas is prof Pieter Verster, van die Fakulteit Teologie.

Pretoria: 14 in die hospitaal opgeneem nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het

Veertien mense waaronder skoolkinders, is in Pretoria in die hospitaal opgeneem, nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het. Die pasiënte het simptome getoon soos naarheid, brakery, bewussynsverlies, ooraktiewe optrede, toevalle en diarree nadat hulle die middel met die straatnaam “herbal blend” gebruik het. Die polisiewoordvoerder, kaptein Augustinah Selepe, sê die middel word in ʼn klein […]