Entries by Leandre

Die Edcon-groep ondervind ernstige probleme vanweë die nasionale afsluiting

Suid-Afrika se naasgrootste klerekleinhandelaar, Edcon Holdings, het bevestig dat hy dalk nie weer sy deure sal kan oopmaak ná die 21-dae landwye afsluiting nie. Vandat president Cyril Ramaphosa verlede week die koronavirus-pandemie tot ‘n nasionale ramp verklaar het, het die maatskappy se omset met 45% gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die uitvoerende […]

Die polisie sê hulle het ‘n goeie begin gemaak met die afdwing van maatreëls

Die polisie sê hulle het ‘n goeie begin gemaak met die afdwing van die maatreëls en regulasies rakende die 21-dae nasionale afsluiting om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Die woordvoerder Vish Naidoo sê wetstoepassings-agentskappe werk in alle provinsies saam om te verseker dat bewegingsbeperkings en regulasies nagekom word. Naidoo sê hulle het die […]

Die Openbare Beleggingskorporasie het volgens berigte ‘n kandidaat om die voormalige uitvoerende hoof, Dan Matjila te vervang, uitgeken

Die Openbare Beleggingskorporasie het volgens berigte ‘n kandidaat om die voormalige uitvoerende hoof, Dan Matjila te vervang, uitgeken. Van Matjila se bedanking in 2018 af het die staatsbeheerde batebestuurder nog nie weer ‘n permanente hoof gehad nie. Die voorsitter van die OBK-raad, Reuel Khoza, het aan Business Day gesê dat hulle ‘n individu geïdentifiseer het […]

Die DA sal aan die minister van Toerisme skryf om te versoek dat sy dringend vertoë rig, om die afsluitingsregulasies om voedsel- en kruideniersdienste in te sluit

Die DA sal aan die minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, skryf om te versoek dat sy dringend vertoë aan haar kollegas rig, om die afsluitingsregulasies om voedsel- en kruideniersdienste in te sluit, te wysig. Die DA sê dat die huidige regulasies nie mense wat fisies nie na plekke toe kan gaan wat kos voorsien nie, […]

Eskom verwag nie dat hy beurtkrag gaan instel tydens die Covid-19-afsluiting nie

Eskom verwag nie dat hy beurtkrag gaan instel tydens die Covid-19-afsluiting nie. Die aanvraag na elektrisiteit het gistermiddag reeds met meer as 6000-megawatt geval, met ‘n verdere vermindering in aanvraag wat tydens die inperking verwag word. Eskom het begin om sekere opwekkingseenhede af te skakel om die integriteit van die stelsel te beskerm. Die voorsiener […]

President Ramaphosa het ‘n beroep op lede van die SA Nasionale Weermag gedoen

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op lede van die SA Nasionale Weermag gedoen op hul pligte tydens die nasionale afsluiting met respek en nederigheid uit te voer. Hy het gisteraand die SANW by die Doornkop-weermagbasis in Johannesburg toegespreek op die vooraand van die 21-daelange inperking wat om middernag, laasnag in werking getree het. Ramaphosa […]

Howe bly oop tydens inperking

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê howe bly oop tydens die 21 dae van inperking wat môre om middernag in werking tree. Hy sê dit sal toegang verseker vir enige dringende sake, insluitend huishoudelike geweld en kinderonderhoud. Mogoeng sê ook mense mag dalk wil beswaar maak oor die grondwetlikheid van die regerings se huidige maatreëls. Die hulporganisasie […]

Korona gevalle spring met 155 oornag

Die departement van Gesondheid het bevestig dat daar nou 709 bevestigde gevalle van die koronavirus aangeteken is. Dit is ‘n sprong van 155 van gister se syfer af. Minister Zweli Mkhize, wat vandag met die SABC gepraat het, sê dat die neiging van ingevoerde oordrag nou na interne oordrag tussen mense verander.

Kommer oor voedselbeskikbaarheid tydens die afsluiting uit die weg geruim

Tiger Brands sê daar is geen groot bedreiging vir voedselbeskikbaarheid in Suid-Afrika nie. Ondanks die koronavirus-pandemie het hulle ook volle vertroue in hulle vermoë om voedsel te produseer. Mense sit paniek-aankope voort voor die 21-dae landswye afsluiting môreaand inskop. Die uitvoerende hoof, Noel Doyle, het in ‘n onderhoud met Business Day TV gesê hulle werk […]