Entries by Leandre

Britse LP’s sal volgende maand oor Brexit stem

Die Britse eersteminister, Theresa May, het aangekondig dat parlementslede teen die middel van volgende maand oor haar Brexit-ooreenkoms sal stem. Sy het die stemming verlede week uitgestel ná ʼn waarskuwing dat sy ʼn swaar nederlaag kan ly. May sê die Europese Unie het LP’s aangemoedig om voort te gaan met Brittanje se beplande vertrek uit […]

Verdagte in dubbele plaasmoord sal na verwagting vandag in die Bonnievale-landdroshof verskyn

ʼn Verdagte wat verbind word met verlede week se dubbele plaasmoord naby Bonnievale in die Wes-Kaap, sal na verwagting vandag in die plaaslike Landdroshof verskyn. Die 33-jarige man is eergister op die nabygeleë McGregor in hegtenis geneem nadat die liggame van Piet en Elmien Steyn Vrydag op hul plaas Zandfontein gevind is. Die polisie glo […]

Donald Trump se persoonlike advokaat vir drie jaar tronk toe gestuur

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se persoonlike advokaat, Michael Cohen, is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte dat hy ondermeer vir die Kongres gejok het sowel as verskeie oortredings wat betref die finansiering van verkiesingsveldtogte. Cohen is die eerste persoon uit die President se binnekring wat gevonnis word as […]

Suid-Afrika se werkloosheid-syfer bly styg

Die vakbondfederasie, Saftu, sê die stygende werkloosheidsyfer ontbloot die leë praatjies by die Werkberaad wat in Oktober aangebied is. Statistiek SA het vasgestel dat 16 000 Suid-Afrikaners hul werk in die derde kwartaal verloor het. Dis hoofsaaklik aangedryf deur ʼn verlies aan werksgeleenthede in die vervaardigings-, bou- en mynbedrywe. Die woordvoerder, Patrick Craven, sê die […]

Padsterftes het reeds begin styg

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê dit is onaanvaarbaar dat lewensverlies tydens die feesseisoen steeds voortduur op die land se paaie. Die korporasie se Makhosini Msibi het vandag in Johannesburg by geleentheid van die bekendstelling van die feesseisoen se padveiligheidsveldtog gesê daar was ʼn 20% styging in padsterftes sedert die begin van die maand. Msibi sê strenger strawwe […]

Inflasie het laasmaand ʼn geringe styging getoon

Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het verlede maand ʼn geringe jaar-tot-jaar-styging getoon tot 5,2%  in vergeleke met 5,1% in Oktober. Die vernaamste bydraers tot inflasie was vervoerkoste, alkoholiese drank en tabakprodukte. Stats SA se Marika Bennett sê verlede maand se inflasie het ʼn 0,2% maand-tot-maand-styging getoon teenoor Oktober. Stats SA het in ʼn Twitter-boodskap gesê brandstofinflasie […]