Entries by Leandre

Die DA gaan ‘n dringende vergadering met die minister van Staatsveiligheid en die Staatsveiligheidsagentskap aanvra nadat daar opnuut by die agentskap ingebreek is

Die DA gaan ‘n dringende portefeuljekomiteevergadering met die minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, en die Staatsveiligheidsagentskap aanvra, ná berigte dat daar opnuut by die agentskap ingebreek is. Die party sê die geslotebaan televisiekameras is blykbaar gesteel toe diewe sensitiewe dokumente en ‘n onbekende bedrag kontant gesteel het. Die sekerheidswag was ten tyde van die voorval […]

Die Europese Unie het die Amerikaanse president, Donald Trump, se Midde-Oosterse vredesvoorstel verwerp

Die Europese Unie het die Amerikaanse president, Donald Trump, se Midde-Oosterse vredesvoorstel verwerp omdat daar kommer bestaan oor Israel se planne om nog Palestynse grond te annekseer. Trump het die plan verlede week bekend gestel. Sky News berig dat die EU se hoof van buitelandse beleid, Josep Borrell, die blok se verbintenis tot ʼn twee-staat-oplossing […]

Die Duitse kansellier, Angela Merkel, kom vandag in Suid-Afrika aan

Die Duitse kansellier, Angela Merkel, kom vandag vir ʼn twee-daagse staatsbesoek in Suid-Afrika aan. President Cyril Ramaphosa het haar uitgenooi na wat hy beskryf het as die suksesvolle besoek deur sy Duitse ampsgenoot, Frank-Walter Steinmeier, gedurende November 2018. Suid-Afrika is Duitsland se grootste handelsvennoot in Afrika en Duitsers is die derde grootste groep oorsese besoekers […]

Die Parlement se komitee oor Toerisme het ʼn beroep gedoen vir die vorming van ʼn tussendepartementele taakspan vir die uitbraak van lewensgevaarlike virusse

Die Parlement se komitee oor Toerisme het ʼn beroep gedoen vir die vorming van ʼn tussendepartementele taakspan om die uitbraak van lewensgevaarlike virusse te hanteer. Die Departement van Toerisme het die komitee voorgelig oor sy prestasies in die huidige boekjaar en daar is toe ʼn vraag geopper oor die departement se gereedheid vir die wêreldwye […]

Patricia de Lille sê die bedrag van R3 miljard wat haar departement aan Eskom sou skuld is oordrewe

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille sê die bedrag van R3 miljard wat haar departement aan Eskom sou skuld, is oordrewe. De Lille en amptenare van die departement het voor die parlement se komitee oor openbare rekeninge verskyn. Eskom en die plaaslike regeringsvereniging Salga het in Desember aan Skoor gesê die […]

Oudpresident Jacob Zuma se regspan sê hulle gaan nie die lasbrief teenstaan wat vroeër vir sy inhegtenisneming uitgereik is nie

Oudpresident Jacob Zuma se regspan sê hulle gaan nie die lasbrief teenstaan wat vroeër vir sy inhegtenisneming uitgereik is nie. Advokaat Dan Mantsha het buite die hof in Pietermaritzburg gesê hy is bekommerd oor die hof se besluit om die lasbrief toe te staan. Zuma en sy medebeskuldigde, die Franse wapenvervaardiger Thales, staan onder meer […]

Eskom het aangekondig dat Fase-2 beurtkrag regdeur die dag tot môreoggend sesuur sal voortduur sonder enige onderbreking tydens spitstye

Eskom het aangekondig dat Fase-2 beurtkrag regdeur die dag tot môreoggend sesuur sal voortduur sonder enige onderbreking tydens spitstye. Eskom sê die beduidende groter aanvraag beteken dat die beweegruimte wat beskikbaar was om voorsiening te maak vir spitstye nie beskikbaar is nie, terwyl ʼn bykomende verskuiwing op die stelsel ʼn faseverandering kan meebring. Hy het […]

Die Departement van Gesondheid het bewerings verwerp dat griepinspuitings die korona-virus kan verhoed

Die Departement van Gesondheid het bewerings verwerp dat griepinspuitings die korona-virus kan verhoed. ʼn Woordvoerder het dit benadruk dat daar in dié stadium geen entstof beskikbaar is teen die virus, wat reeds 360 slagoffers geëis het nie. Die meeste van die sterftes was in China. News24 berig dat die departement bevestig het dat daar tans […]

Eskom het aangekondig dat Fase 2-beurtkrag tot minstens Donderdagoggend sal voortduur

Eskom het aangekondig dat Fase 2-beurtkrag tot minstens Donderdagoggend sal voortduur. Netwerk24 berig die kragverskaffer het laat gisteraand ‘n verklaring uitgereik waarin hy van voorneme is om beurtkrag deurlopend toe te pas. Een van die vernaamste redes is glo ‘n diesel-tekort wat opwekkingsvermoë kortwiek. Waar moontlik sal beurtkrag egter soggens tussen 6 uur en 9 […]

Die OB word in kennis gestel dat die proses om ampsdraers van staatsinstellings soos hare te verwyder, voldoen aan die reëls van die Nasionale Vergadering

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, het die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, in kennis gestel dat die proses om ampsdraers van staatsinstellings soos hare te verwyder, voldoen aan die reëls van die Huis. Modise het vroeër ingestem tot die DA se versoek om te begin met die verrigtinge om Mkhwebane te verwyder. Mkhwebane […]