Entries by Leandre

Ryk Neethling en Lewis Pugh bring hulde aan die ontslape Theodore Yach

Die legendariese Suid-Afrikaanse swemmers, Ryk Neethling en Lewis Pugh, het hulle simpatie uitgespreek met die dood van die langafstand oopwaterswemmer, Theodore Yach. Hy is gister op sestigjarige ouderdom oorlede. Yach het 108 keer die afstand tussen Robbeneiland en Kaapstad afgelê. Neethling wat verskeie Olimpiese goue medaljes gewen het, sê sy dood is vir hom baie […]

Tom Moyane se negatiewe invloed by die SAID deur getuienis ontbloot

Die Inkomstediens se voormalige bedryfshoof, Barry Hore, het voor die kommissie van ondersoek na die Inkomstediens aangetoon hoe die moderniseringsprogram goeie resultate opgelewer het totdat dit deur die geskorste kommissari, Tom Moyane, gestaak is. Hore het kleurskyfies gebruik om resulate te toon wat in 2014 na sy aankoms deur Moyane gestaak is. Hore was die […]

Die DA beskuldig die Mangaung Metro dat hy inwoners van dorpe in die Naledi plaaslike munisipaliteit afskeep

Die DA in die Vrystaat het die Mangaung Metro daarvan beskuldig dat hy inwoners van dorpe in die Naledi plaaslike munisipaliteit afskeep. Die dorpe, Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus, is ná die plaaslike verkiesing in 2016 by die Mangaung Metro ingelyf. Die DA sê basiese dienslewering het sedertdien feitlik ineengestort. ‘n DA-raadslid in die Mangaung Metro, […]

Openbare Beleggingskorporasie word ook vir staatskaping ondersoek

‘n Tweede groot staatsfinansiële instelling aan ondersoek word, nadat president Cyril Ramaphosa gister in die staatskoerant aangekondig het dat sake by die Openbare Bellegingskorporasie onder die vergrootglas geplaas gaan word. Die voormalige president van die Appèlhof, Lex Mpati, sal aan die hoof van die ondersoek staan. Mpati sal bygestaan word deur die voormalige president van […]

Omgewingsgroep dreig met regstappe oor onafhanklike kragprodusente

Die omgewingsdrukgroep, die Sentrum vir Omgewingsregte, sê indien die Regering nie sy planne laat vaar om nuwe steenkoolkrag vanaf onafhanklike kragprodusente te verkry nie, mag hulle gedwing word om regstappe te doen. Hernubare energiekontrakte ter waarde van R55 miljard is met 27 onafhanklike kragprodusente gesluit. Die sentrum sê navorsing toon dat ʼn dringende insluitende beweging […]