Entries by Leandre

Die weermag voer ʼn staatsgreep uit in Gaboen

In Wes-Afrika die weermag in Gaboen sê hulle het ʼn staatsgreep uitgevoer om demokrasie te herstel. Daar is tenks en pantservoertuie in die strate van die hoofstad, Libreville. Offisiere het die staatsradiostasie beset en hulle ontevredenheid uitgespreek met president Ali Bongo, wat ná ʼn beroerte in Marokko herstel. Die VSA het laasweek troepe in Gaboen […]

Die Maleisiese koning abdikeer

Maleisië se koning het abdikeer kort nadat hy met ʼn voormalige Russiese skoonheidskoningin, Oksana Voevodina, getrou het. Sultan Mohammad die vyfde se besluit het ʼn einde gebring aan weke se bespiegeling oor sy toekoms en afwesigheid. Dit is die eerste keer dat dié land se staatshoof abdikeer sedert onafhanklikheid van Brittanje 61 jaar gelede. Die […]

ʼn Man sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die dodelike brand op Bettysbaai

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die dodelike brand wat op Oujaarsdag op Bettysbaai aan die Kaapse Suidkus uitgebreek het, sal na verwagting vandag in die Caledonse Landdroshof verskyn. Die 34-jarige man word aangekla van ʼn oortreding van die wet op Natuurbewaring, nadat hy na bewering ʼn ligfakkel afgevuur het wat […]

Naka Drotské is uit die hospitaal ontslaan

Die voormalige Springbok, Naka Drotské, is ná vier weke uit ʼn Bloemfonteinse hospitaal ontslaan. Hy is opgeneem nadat hy verlede maand drie keer geskiet is tydens ʼn rooftog op sy broer se kleinhoewe buite Pretoria. Drotské is ná die voorval in ʼn Pretoriase hospitaal behandel en ná ʼn week toegelaat om terug te keer huis […]

Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn bemoedigende gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen. Die land se nasionale paaie en tolhekke het sedert die naweek hoë verkeersvolumes ervaar met vakansiegangers wat op pad is huis toe. Teen die middel van Desember het daar reeds meer as 700 mense omgekom op die land se paaie. […]

Oos-Kaapse sakeman word ondersoek vir nog bedrog in die Mandela-begrafnissaak

Die Valke ondersoek ʼn tweede voorval van beweerde bedrog in die Mandela-begrafnissaak teen ʼn omstrede Oos-Londense sakeman, Mzwandile Sokwali. Daily Dispatch berig dat hy daarvan beskuldig word dat hy ʼn ander maatskappy se dokumente vervals het, toe hy kwotasies ingedien het vir die vervoer van roubeklaers na oudpresident Nelson Mandela se gedenkdienste in 2014. Sokwali […]

Nehawu is gekant ten die privatisering van Necsa

Die gesondheidswerkersvakbond, Nehawu, sê hy sal die privatisering van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie ten alle koste bestry. Volgens berigte het die minister van Energie, Jeff Radebe, die hele Necsa-raad afgedank omdat daar planne beraam word om dit aan ʼn Amerikaanse maatskappy te verkoop. Nehawu sê die wyse en spoed van die afdanking van die raad bevestig […]

Die EFF sê die regering moet hom nie steur aan die ekonomiese raad van die IMF nie

Die EFF sê die Regering behoort nie enige ekonomiese raad vanaf die Internasionale Monetêre Fonds te aanvaar nie. Die IMF se besturende direkteur, Christine Lagarde, het gister in Pretoria met president Cyril Ramaphosa en die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, vergader. Sy het dit duidelik gestel dat Suid-Afrika nie enige lenings van die instansie […]