Entries by Leandre

Waarskuwing dat Suid-Afrika se tronke tydbomme is

Die voorsitter van ʼn paroolraad het Suid-Afrika se tronke as tydbomme beskryf as gevolg van die duisende gevangenes se paroolverhore wat vertraag word. Hlaoli Litsoane van die Groenpunt-gevangenis in Benoni aan die Gautengse Oosrand skryf die situasie toe aan die administratiewe geskille tussen Korrektiewe Dienste en paroolrade. TimesLive berig hy sê sedert die begin van […]

Vermoorde Saoedi-joernalis, Jamal Khashoggi, is een van die verslaggewers wat benoem is as die Time-tydskrif se persoon van die jaar

Die vermoorde Saoedi-joernalis, Jamal Khashoggi, is een van die verslaggewers wat benoem is as die Time-tydskrif se persoon van die jaar. Die ander sluit in die hele redaksie van die Amerikaanse koerant Capital Gazette wat vyf personeellede aan die dood afgestaan het tydens ʼn skietery in Junie en Maria Ressa, wat ʼn aanlyn-nuuswebblad in die […]

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal die geskil tussen Ashwin Willemse en SuperSport in Februarie aanhoor

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal die geskil tussen die voormalige Springbok-vleuel, Ashwin Willemse, en SuperSport in Februarie aanhoor. Willemse het in Mei tydens ʼn regstreekse uitsending uitgestap en beweer dat sy mede-ontleders, Nick Mallet en Naas Botha hom neerbuigend behandel en ondergrawe het. ʼn Interne verhoor het bevind dat daar geen rassisme by die voorval betrokke […]

Frankryk se president kondig ‘n styging in die minimumloon en ‘n belastingverlaging aan

Die Franse president, Emmanuel Macron, het ‘n styging in die minimumloon en ‘n belastingverlaging aangekondig na weke van gewelddadige betogings teen sy regering. Macron het in ‘n televisietoespraak gesê hy aanvaar sy deel van die aanspreeklikheid vir die krisis. Hy het aangekondig dat ‘n ongewilde toename in belasting vir pensioenarisse opgeskort word en het sake-ondernemings […]

Afgevaardigdes is beseer nadat geweld uitgebreek het by ‘n ANC-konferensie

‘n Aantal afgevaardigdes is beseer nadat geweld uitgebreek het by ‘n ANC-konferensie in Potchefstroom in Noordwes om die party se provinsiale kandidatelys vir aanstaande jaar se verkiesing saam te stel. Een van die beseerdes is in ‘n hospitaal opgeneem met steekwonde. Sommige afgevaardigdes beskuldig die provinsiale taakspan daarvan dat hy die lys gemanipuleer het. Die […]