Entries by Leandre

Die droogte in die Karoo is steeds ernstig

Die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering sê die voortslepende droogte in die Karoo is steeds ernstig. Die landbou-organisasie, Agri Sentrale Karoo, het teen die einde van laasjaar verklaar dat boere onder finansiële druk verkeer en dat hulle nie in staat is om gewasse te plant of hul lewende hawe te voer nie. Die woordvoerder van […]

Die weermag voer ʼn staatsgreep uit in Gaboen

In Wes-Afrika die weermag in Gaboen sê hulle het ʼn staatsgreep uitgevoer om demokrasie te herstel. Daar is tenks en pantservoertuie in die strate van die hoofstad, Libreville. Offisiere het die staatsradiostasie beset en hulle ontevredenheid uitgespreek met president Ali Bongo, wat ná ʼn beroerte in Marokko herstel. Die VSA het laasweek troepe in Gaboen […]

Die Maleisiese koning abdikeer

Maleisië se koning het abdikeer kort nadat hy met ʼn voormalige Russiese skoonheidskoningin, Oksana Voevodina, getrou het. Sultan Mohammad die vyfde se besluit het ʼn einde gebring aan weke se bespiegeling oor sy toekoms en afwesigheid. Dit is die eerste keer dat dié land se staatshoof abdikeer sedert onafhanklikheid van Brittanje 61 jaar gelede. Die […]

ʼn Man sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die dodelike brand op Bettysbaai

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die dodelike brand wat op Oujaarsdag op Bettysbaai aan die Kaapse Suidkus uitgebreek het, sal na verwagting vandag in die Caledonse Landdroshof verskyn. Die 34-jarige man word aangekla van ʼn oortreding van die wet op Natuurbewaring, nadat hy na bewering ʼn ligfakkel afgevuur het wat […]

Naka Drotské is uit die hospitaal ontslaan

Die voormalige Springbok, Naka Drotské, is ná vier weke uit ʼn Bloemfonteinse hospitaal ontslaan. Hy is opgeneem nadat hy verlede maand drie keer geskiet is tydens ʼn rooftog op sy broer se kleinhoewe buite Pretoria. Drotské is ná die voorval in ʼn Pretoriase hospitaal behandel en ná ʼn week toegelaat om terug te keer huis […]

Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn bemoedigende gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen. Die land se nasionale paaie en tolhekke het sedert die naweek hoë verkeersvolumes ervaar met vakansiegangers wat op pad is huis toe. Teen die middel van Desember het daar reeds meer as 700 mense omgekom op die land se paaie. […]