Entries by Leandre

Die Land- en Landbouontwikkelingsbank van Suid-Afrika sê hy gaan sy bedryf hervorm en in verskille sake-eenhede verdeel

Die Land- en Landbouontwikkelingsbank van Suid-Afrika sê hy gaan sy bedryf hervorm en in verskille sake-eenhede verdeel sodat hy ʼn beter diens aan opkomende boere kan lewer. Die bank het R356,6-miloen uitbetaal aan boere wat sedert die instelling van die Droogtehulpfasiliteit in 2017 onder droogte gebukkend gegaan het. Die bank se waarnemende hoofbestuurder, Konehali Gugushe, […]

Die DA vra dat die regering se Justisie-, Misdaadvoorkomings- en Sekerheidsgroep voorligtings oor die land se sekerheidsituasie aanbied totdat wet en orde herstel is

Die DA het president Cyril Ramaphosa gevra om seker te maak dat die regering se Justisie-, Misdaadvoorkomings- en Sekerheidsgroep daagliks voorligtings oor die land se sekerheidsituasie aanbied totdat wet en orde herstel is. Die party sê die afgelope weke is gekenmerk deur plundery en geweld in provinsies met voortslepende betogings, vreemdelingehaat-aanvalle en gewelddadige protes en […]

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het die Mangaung Metro bloedneus gegee rakende sy skielike besluit om skole se water af te sny

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het die Mangaung Metro bloedneus gegee rakende sy skielike besluit om skole se water af te sny. Die hof het die metro gelas om onmiddellik die watertoevoer na sowat 100 skole in die gebied te herstel. Die Metro het verlede maand die water afgesny, omdat die skole hulle geld skuld. Die […]

Die polisie-helikopter wat onder geweervuur van transitorowers op die N8 buite die stad deurgeloop het, was die polisie in Bloemfontein se laaste werkende helikopter

Die polisie-helikopter wat Dinsdag onder geweervuur van transitorowers op die N8 buite die stad deurgeloop het, was die polisie in Bloemfontein se laaste werkende helikopter. Netwerk24 berig die helikopter is gisteroggend agter op ’n vragmotor deur die Rosestad se strate na die Tempe-lughawe buite die stad gebring. Die helikopter, wat onontbeerlik is vir die bestryding […]

Die ondersoek rakende ‘n Pierneef-skildery wat uit die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se kantoor weggeraak het, aan die NVG oorhandig

Die Valke het bevestig dat hulle ondersoek afgehandel en aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig is rakende ‘n Pierneef-skildery wat uit die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se kantoor weggeraak het. Die kunswerk, ter waarde van R8 miljoen, is verlede jaar glo uit Magashule, deesdae sekretaris-generaal van die ANC, se kantoor gesteel. Bewerings doen sedertdien die […]

Die MRK het sy ernstige kommer uitgespreek oor die geweld, plundery, brandstigting en vandalisme wat in Johannesburg heers

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy ernstige kommer uitgespreek oor die geweld, plundery, brandstigting en vandalisme waaronder die grootste deel van Johannesburg en ander dele van Gauteng in die jongste dae gebukkend gegaan het. Die organisasie sê hy erken die maatskaplike, ekonomiese en politieke faktore wat aanleiding gegee het tot die betogings in Suid-Afrika. Hy wys […]

Die N8 op pad na die Bram Fischer-lughawe is steeds gesluit nadat ‘n transito-rooftog vanoggend plaasgevind het,

Die N8 op pad na die Bram Fischer-lughawe is steeds gesluit nadat ‘n transito-rooftog vanoggend plaasgevind het. Owerhede is op die toneel en is steeds besig met opruimingswerk nadat die aanvallers met aanvalsgewere en vermoedelik plofstof op een van G4S se geldwaens toegeslaan het. Na afloop van ‘n oor-en-weer-skietery is vier mense beseer, terwyl ‘n […]

Die land se hoofweë is weer oopgestel ná vanoggend se vragmotorbetogings

Die paaie is heropen nadat vragmotorbestuurders vandag die hoofweë in verskeie provinsies afgesper het. In Kaapstad was daar vanoggend verkeerschaos op die N-2 en N-7 as gevolg van vandag se nasionale betogings deur vragmotorbestuurders. In KwaZulu-Natal is ten minste 20 mense in hegtenis geneem in verband met die betogings. In Limpopo is drie vragmotors op […]

ʼn Skoolmeisie in Graad-R is in Gauteng ontvoer

Die polisie in Gauteng het bevestig dat die mans wat die sesjarige Amy-Lee de Jager vanoggend voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark ontvoer het, ʼn losprys van twee miljoen Rand eis. Vier mans het Amy-Lee uit haar ma se voertuig buite die skool ontvoer en met haar in ʼn wit Toyota Fortuner gevlug. Die voertuig […]