Entries by Leandre

Die Menseregtekommissie ondersoek beweerde vervalste en vervalde voedselprodukte

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie stel vandag en môre in Braampark, Johannesburg ondersoek in na die beweerde verkoop van vervalste en vervalde voedselprodukte. Dit volg nadat daar betogings uitgebreek het waartydens spaza-winkels van buitelanders in en om Soweto geplunder is. Die kommissie se senior regsadviseur, Matthew Du Plessis, sê moontlike menseregteskendings maak deel uit van hul ondersoek.