Entries by Leandre

Die polisie in Limpopo stel ondersoek in na die dood van ʼn man en sy twee dogters in ʼn oënskynlike gesinsmoord in Polokwane

Die polisie in Limpopo stel ondersoek in na die dood van ʼn man en sy twee dogters in ʼn oënskynlike gesinsmoord in Polokwane. Die kinders het blykbaar by hulle ma gewoon, nadat die paartjie vervreemd geraak het, maar het tydens skoolvakansies by hul pa gaan kuier. Die ouers het dié naweek skynbaar ʼn woordewisseling oor […]

Verskeie programme is vir leerders gereël om te verseker dat hulle tydens die skoolvakansie veilig bly

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se Direktoraat vir Veilige Skole het verskeie programme vir leerders gereël om te verseker dat hulle tydens die skoolvakansie veilig is. Die woordvoerder van die departement, Millicent Merton, sê een van hul grootste bekommernisse elke vakansie is leerders wie se ouers voltyds werk en hul kinders sonder toesig tuis laat.

Die VN vra vir ʼn onafhanklike ondersoek na die dood van die voormalige Egiptiese president, Mohammed Morsi

Die Verenigde Nasies het ʼn beroep gedoen vir ʼn onafhanklike ondersoek na die dood van die voormalige Egiptiese president, Mohammed Morsi, wat Maandag oorlede is nadat hy tydens ʼn hofverskyning in mekaar gesak het. Hy was 67. Morsi was Egipte se eerste demokraties verkose president, maar is in aanhouding sedert hy in 2013 deur die […]

Die Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die aansoek van drie Boeremag-lede dat hul verhoor onwettig verklaar en hulle onvoorwaardelik vrygelaat moet word

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in die aansoek van drie Boeremag-lede dat hul verhoor onwettig verklaar en dat hulle onvoorwaardelik vrygelaat moet word. Lets Pretorius en sy seuns, Johan en Wilhelm het aansoek gedoen dat hulle saak op grondwetlike gronde van nul en gener waarde verklaar word. Hulle en ander lede van die […]

Bloemwater gaan beplande instandhoudingswerk aan die Welbedacht Dam-pyplyn uitvoer

Die Mangaung Metro het bevestig dat Bloemwater beplande instandhoudingswerk aan die Welbedacht Dam-pyplyn gaan uitvoer wat onderbrekings van 36 uur kan voortbring. Die metro het ‘n amptelike verklaring uitgestuur dat die water van vandag tot 21 Junie onderbreek kan word. Die areas wat geraak word, sluit in die suide van Bloemfontein en woonbuurte soos Pellissier, […]

Die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens dreig om te staak oor die aanstelling van Zuks Ramasia

Die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens dreig om te staak oor die aanstelling van Zuks Ramasia as waarnemende hoofbestuurder by die sukkelende lugdiens. Ramasia was voorheen die hoofbestuurder. Die vereniging en die vakbond, Numsa, het vroeër vir die SAL ʼn week gegun om te reageer op hul eis dat Jarana heraangestel word.