Entries by Leandre

Pretoria: 14 in die hospitaal opgeneem nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het

Veertien mense waaronder skoolkinders, is in Pretoria in die hospitaal opgeneem, nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het. Die pasiënte het simptome getoon soos naarheid, brakery, bewussynsverlies, ooraktiewe optrede, toevalle en diarree nadat hulle die middel met die straatnaam “herbal blend” gebruik het. Die polisiewoordvoerder, kaptein Augustinah Selepe, sê die middel word in ʼn klein […]

Die Wes-Kaapse regering oorweeg dit om George en Knysna tot rampgebiede te verklaar

Die Wes-Kaapse regering sal vandag besluit of hulle die Knysna- en George-gebiede in die Suid-Kaap, wat deur brande geteister word, as rampgebiede moet verklaar. Altesaam agt mense, almal glo van dieselfde gesin, het reeds omgekom in die brand. Die woordvoerder van Plaaslike Regering, James-Brent Styan, sê die weersomstandighede is nou tot die brandbestryders se voordeel.

“Regering moet werkloosheid- en werkskeppingsprojekte eerste stel”

AgriSA sê die Regering moet werkloosheid- en werkskeppingsprojekte in landelike gebiede eerste stel. Die nasionale werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal vanjaar tot 27,5% gestyg, terwyl landbou ʼn duisend werksgeleenthede in dieselfde tyd afgestaan het. AgriSA se Jahni de Villiers sê vir elke Rand wat die regering op werkskepping in die landbou bestee, sal die […]

Die Vrystaat bly in die Curriebeker Premierliga

Die Vrystaatse Cheetahs het hul plek in die Curriebeker Premierliga behou, toe hulle die Eersteliga-kampioen, die SWD Arende, met 36-5 verslaan het in ʼn promosie-relegasie-wedstryd in Bloemfontein. Die tuisspan het in die eerste helfte drie drieë gedruk om teen rustyd met 19-0 voor te loop. Hulle het nog drie in tweede helfte bygevoeg. In antwoord […]

Kaapstad lê klagtes teen Patricia de Lille

Die stad Kaapstad se speaker, Dirk Smit, het strafregtelike klagtes teen burgemeester Patricia de Lille en die burgemeesterskomiteelid, Brett Herron, aanhangig gemaak. De Lille sal na verwagting vandag die amp ontruim. Volgens TimesLive is die klagtes ingedien nadat die raad twee verslae van ʼn regsfirma oor die wanbestuur van die metro aanvaar het. De Lille […]

Bekende advokaat is in Kaapstad vermoor

ʼn Bekende verdedigingsadvokaat is vandag buite die Reddam House School in Groenpunt, Kaapstad doodgeskiet. Dit het gebeur terwyl hy besig was om sy agtjarige seun by die skool af te laai. Die advokaat is glo Pete Mihalik, wat van die voorste bendelede in hofsake verteenwoordig het. Die polisie se Noloyiso Rwexana sê speurders van die […]

“Mpumalanga is die grootste lugbesoedelingsbrandpunt ter wêreld”

Die organisasie, Greenpeace Afrika, sê sy jongste satellietinligting dui daarop dat Mpumalanga die grootste lugbesoedelingsbrandpunt ter wêreld is. Daar is 12 steenkoolkragsentrales in die provinsie. Greenpeace se Melita Steele sê Suid-Afrika is ʼn beduidende wêreldbrandpunt met sy hoë voorkoms van steenkoolkragsentrales en sy swak lugbesoedelingstandaarde. Sy sê die regering sal dringend vorendag moet kom met […]