Barbara Hogan getuig vandag voor kommissie na staatskaping

Barbara Hogan getuig vandag voor kommissie na staatskaping

Die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Barbara Hogan, getuig vandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping oor die gebeure voordat sy in 2010 uit haar portefeulje herroep is.

Die kommissie het reeds verdoemende getuienis van voormalige ministers en parlementslede soos Vytjie Mentor aangehoor.

Die getuienis het tot dusver gehandel oor hoe die Gupta-broers die daaglikse bestuur van die regering onder oudpresident Jacob Zuma probeer beïnvloed het.

Hogan was minister van Mei 2009 tot Oktober 2010 toe Zuma haar met Malusi Gigaba vervang het.

Die huidige minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sal na verwagting Vrydag voor die kommissie getuig.