Beurtkrag onderbreek ʼn emosionele hofsaak

Beurtkrag onderbreek ʼn emosionele hofsaak

Die veroordeelde vrouemoordenaar, Jason Rohde, se dogter se getuienis ter versagting van sy vonnis is vanoggend onderbreek toe beurtkrag die verrigtinge in die Hooggeregshof in Kaapstad tot stilstand gedwing het.

Die voormalige eiendomsmagnaat is skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan, by ʼn hotel in Stellenbosch in Julie verlede jaar.

Rohde word in die Pollsmoor-gevangenis aangehou sedert sy skuldigbevinding verlede maand.