Bloemfontein is tot Sondag ʼn miernes van bedrywighede tydens Macufe

Bloemfontein is tot Sondag ʼn miernes van bedrywighede tydens die Mangaungse Kulturele Afrika-fees, bekend as Macufe.

Meer as 200 000 besoekers word vanjaar verwag wat die Vrystaatse hoofstad ʼn hupstoot van R150-miljoen sal gee.

Die organiseerders sê een van die gewildste gebeurtenisse tydens die fees in die 360-grade oop bustoere wat besoek aflê by verskillende toeriste-trekpleisters soos die Planetarium, die standbeeld van Nelson Mandela en die Waaihoek-museumkerk.