Bloemfonteiners se watertoevoer behoort stelselmatig te herstel nadat die Mangaung-metro ‘n betaling op sy agterstallige skuld aan Bloemwater gemaak het

Bloemfonteiners se watertoevoer behoort stelselmatig te herstel nadat die Mangaung-metro ‘n betaling op sy agterstallige skuld aan Bloemwater gemaak het

Bloemfonteiners se watertoevoer behoort stelselmatig te herstel nadat die Mangaung-metro ‘n betaling op sy agterstallige skuld aan Bloemwater gemaak het.

Die DA se waterkenner, Rossouw Botes, het per Whatsapp-boodskap bevestig dat die metro en Bloemwater tot ‘n vergelyk gekom het en eersgenoemde ‘n betaling gemaak het.

Dit beteken dat Bloemwater weer die waterklep na normaal sal oopdraai.

Dit volg nadat Bloemfonteiners die laaste ruk net 30% waterlewering gekry het.

Intussen is dit nog onseker hoe lank herstelwerk aan die twee gebarste toevoerlyne, die een naby Dewetsdorp en die ander naby Maselspoort, gaan duur.