Bloemfonteiners sit vir minstens vandag nog sonder water

Bloemfonteiners gaan vir minstens die res van vandag nog met waterprobleme sit.

Rosestad Nuus het verneem dat die Mangaung-metro sy regspan opdrag gegee het om ‘n teen-appèl teen Bloemwater se appèl te bring.

Dit sal om vier-uur vanmiddag eers in die hof dien, waarna daar meer duidelikheid sal wees oor wanneer die waterlewering gaan verbeter.

Bloemwater het sedert gister waterlewering verminder na net 30% omdat die metro nie ‘n betalingsooreenkoms nagekom het nie.

Die Bloemfonteinse hooggeregshof het verlede week beslis dat watertoevoer nie verminder mag word na 30% nie, maar Bloemwater het egter appèl aangeteken en watertoevoer verminder.