Bloemwater het laat gisteraand sy waterlewering aan die Mangaung-metro ten volle begin herstel

Bloemwater het laat gisteraand sy waterlewering aan die Mangaung-metro ten volle begin herstel

Bloemwater het laat gisteraand sy waterlewering aan die Mangaung-metro ten volle begin herstel.

Netwerk24 berig dit volg nadat regter Joseph Mhlambi gister in die hooggeregshof in Bloemfontein so beslis het toe hy ’n tussentydse bevel bekragtig
het in die saak tussen die Mangaung-metro en Bloemwater.

Volgens die bevel is die kennisgewing van drie dae deur Bloemwater dat hy sy waterlewering na die metro tot slegs 30% gaan verminder, onbillik.

Die metro het in ’n dringende aansoek om verligting gevra omdat Bloemwater sy waterlewering Maandag tot net 30% van die volle kwota aan die metro verminder het.

Bloemwater sê in hofstukke dat die metro hom steeds R419 miljoen skuld, nadat nagenoeg R200 miljoen al vroeër vanjaar ná ’n mediasie-gesprek met die nasionale tesourie in Pretoria afgeskryf is.

Die hof sal op 29 Augustus beslis of die tussentydse bevel ’n finale hofbevel gemaak moet word.