Boris Johnson het ‘n drie-weke inperking ingestel

Die Britse eerste minister Boris Johnson het ‘n drie-weke inperking ingestel om die verspreiding van die koronavirus die hoof te bied.

Hy het tydens ‘n televisie-toespraak aangekondig dat nie-noodsaaklike winkels en dienste gesluit word, en het ook byeenkomste van meer as twee mense verbied.

Noudat die koronavirus-dodetal in die land 335 verbygesteek het, het Johnson mense beveel om tuis te bly.

Die maatreëls, wat boetes vir oortreders inhou, het gisteraand in werking getree.