Nomgcobo Jiba kla oor onregverdige aanvalle
Die geskorste adjunkhoof van die Vervolgingsgesag, Nomgcobo Jiba, sê sy het ongekende onregverdige aanvalle oor die jare teëgekom.
Sy getuig voor die Mokgoro-kommissie wat ondersoek instel na haar en Lawrence Mrwebi se geskiktheid om hulle poste te beklee.
Jiba sê sy kon niks verkeerd vind toe sy ingelig is dat die bedrog- en korrupsieklagtes teen die voormalige hoof van Misdaadintelligensie, Richard Mdluli, teruggetrek is nie, aangesien die NVG voortdurend sake terugtrek as gevolg van onvoldoende getuienis.