Bloemwater het laat gisteraand sy waterlewering aan die Mangaung-metro ten volle begin herstel

Bloemwater het laat gisteraand sy waterlewering aan die Mangaung-metro ten volle begin herstel

Bloemwater het laat gisteraand sy waterlewering aan die Mangaung-metro ten volle begin herstel.

Netwerk24 berig dit volg nadat regter Joseph Mhlambi gister in die hooggeregshof in Bloemfontein so beslis het toe hy ’n tussentydse bevel bekragtig
het in die saak tussen die Mangaung-metro en Bloemwater.

Volgens die bevel is die kennisgewing van drie dae deur Bloemwater dat hy sy waterlewering na die metro tot slegs 30% gaan verminder, onbillik.

Die metro het in ’n dringende aansoek om verligting gevra omdat Bloemwater sy waterlewering Maandag tot net 30% van die volle kwota aan die metro verminder het.

Bloemwater sê in hofstukke dat die metro hom steeds R419 miljoen skuld, nadat nagenoeg R200 miljoen al vroeër vanjaar ná ’n mediasie-gesprek met die nasionale tesourie in Pretoria afgeskryf is.

Die hof sal op 29 Augustus beslis of die tussentydse bevel ’n finale hofbevel gemaak moet word.

Die Mangaung Metro skuld Bloemwater miljoene in agterstallige waterskuld

Die Mangaung Metro skuld Bloemwater miljoene in agterstallige waterskuld

Die Mangaung-metro se skuld aan Bloemwater beloop niks minder nie as R419 miljoen en daarom is waterlewering met 30% deur die waterverskaffer ingeperk.

Netwerk24 berig volgens die DA se waterkenner, Rossouw Botes, sal Patricia Kopane, leier van die DA in die Vrystaat, en Leon Basson, DA-LP en woordvoerder oor water en sanitasie, dr. Lindiwe Sisulu, nasionale minister van water en sanitasie, vandag spreek oor die voortslepende waterkrisis in Mangaung.

Volgens Botes het die metro in Februarie, Maart, April en Junie geen betalings gemaak nie, terwyl daar ook nog ou skuld is wat gedelg moet word.

Intussen is inwoners woedend omdat dit gister die 36ste dag in 15 maande is dat hulle veral in die suide van Bloemfontein geen water het nie.

Bloemfonteiners se watertoevoer behoort stelselmatig te herstel nadat die Mangaung-metro ‘n betaling op sy agterstallige skuld aan Bloemwater gemaak het

Bloemfonteiners kan vir ‘n onbepaalde tydperk weer waterbeperkings ervaar, wat hierdie keer reg voor die deur van die Mangaung-metro gelê kan word

Bloemfonteiners kan vir ‘n onbepaalde tydperk weer waterbeperkings ervaar, wat hierdie keer reg voor die deur van die Mangaung-metro gelê kan word.

Die waterverskaffer, Bloemwater, sê in ‘n verklaring dat waterbeperkings van vandag af geld omdat die metro nie ‘n betalingsooreenkoms vir agterstallige waterrekenings eerbiedig het nie.

Die Nasionale Tesourie het in ‘n mediasie-proses tussen die metro en Bloemwater bepaal dat die metro fouteer het deur nie laasgenoemde gereeld te
betaal vir waterlewering nie.

Die tesourie het in Februarie vanjaar beslis dat die metro 12 maande se agterstallige watergelde vanaf Mei-maand aan Bloemwater moet betaal,
maar dat die rente daarop afgeskryf word.

Bloemwater het daartoe ingestem, maar die metro het nie betaal nie.

Die DA se waterkenner, Rossouw Botes, het intussen bevestig dat Bloemwater se verklaring eg is, maar kan nog nie bekendmaak wat die presiese bedrag is wat deur die metro betaal moet word nie.

Volgens Botes word die kwessie op provinsiale sowel as nasionale vlak as uiters ernstig beskou en is daar noodvergaderings vir vandag belê.

Bloemwater sê intussen dat waterlewering ingeperk sal word ingevolge seksie 4(5) van die waterleweringswetgewing van 1997.

Dit beteken dat waterlewering met tot 30% ingeperk kan word.

Bloemwater sê die metro se gebrek aan betaling beteken dat nodige chemikalieë nie aangekoop kan word nie, terwyl Eskom ook nie vir kraglewering betaal kan word wat gebruik word vir watersuiwering nie.

‘n Video van ‘n raadslid van die DA, sirkuleer op sosiale media

‘n Video van Mpho Ramathibe, raadslid van die DA, sirkuleer op sosiale media.

Foto: Youtube

In die video is Ramathibe dronk en in ‘n onderonsie met iemand van die publiek buite die Moqhaka Munisipaliteit in Bloemfontein betrokke.

Annelie Lotriet, voorsitter van die DA in die Vrystaat sê dat daar reeds dissiplinêre stappe teen die raadslid geneem word.

Die lyk van hengelaar, Bradley Coetzee, is gevind

Die lyk van hengelaar, Bradley Coetzee, is gevind

Die lyk van Bradley Coetzee, wat vroeër die maand by die Vaaldam vermis geraak het is gevind.

Coetzee, van Johannesburg, het op 6de Junie verdwyn toe hy saam met sy werkgewer, Hendrik Schoeman, in Oranjeville by De Bank gaan visvang het.

Polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê dat Coetzee se lyk gister omstreeks 11:00 gevind is, ʼn ent van die twee mans se kampeerplek.

Gru-ongeluk op die N-8-pad: Dodetal staan nou op 6

Die Vrystaatse departement van vervoer het bevestig dat die dodetal na die gru-ongeluk Saterdag op die N-8-pad in Botshabelo nou op ses staan.

Luidens ‘n voorlopige ondersoek het ‘n bakkie wat van Lesotho onderweg was se wiel gebars, waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Dit het teen aankomende verkeer gebots. Vier meisies wat onderweg was na ‘n rugbywedstryd in Bloemfontein is dood, asook die bestuurder van een van die voertuie.

‘n Vyfde meisie het later in die hospitaal gesterf.

Bloemfonteiners se watertoevoer behoort stelselmatig te herstel nadat die Mangaung-metro ‘n betaling op sy agterstallige skuld aan Bloemwater gemaak het

Bloemfonteiners kan verwag dat watertoevoer vandag deur die loop van die dag na die onderskeie woonbuurte sal begin herstel

Bloemfonteiners kan verwag dat watertoevoer vandag deur die loop van die dag na die onderskeie woonbuurte sal begin herstel.

Volgens die DA se waterkenner, Rossouw Botes, is die Dewetsdorp-pyplyn herstel en die pyplyn is 90% vol water.

Water het oor die naweek reeds by die Brandkop-reservoir begin inloop.

Dit beteken woonbuurte naby aan die reservoir behoort reeds water te hê, terwyl dele verder weg van Brandkop bes moontlik al begin water kry het.

Sommige inwoners kan egter eers laat vanaand of vroeg more oggend water hê.

Bloemwater gaan beplande instandhoudingswerk aan die Welbedacht Dam-pyplyn uitvoer

Die Mangaung Metro het bevestig dat Bloemwater beplande instandhoudingswerk aan die Welbedacht Dam-pyplyn gaan uitvoer wat onderbrekings van 36 uur kan voortbring.

Die metro het ‘n amptelike verklaring uitgestuur dat die water van vandag tot 21 Junie onderbreek kan word.

Die areas wat geraak word, sluit in die suide van Bloemfontein en woonbuurte soos Pellissier, Lourierpark, Bloemanda, Hospitaalpark, Fase 2 tot 9, Phelindaba, Bergman, Bloemspruit, Heidedal, Uitsig, Gardeniapark, Fauna, Universitas en gedeeltes van Langenhovenpark.

Die metro het alle belanghebbendes gevra om die nodige voorsorg te tref en gesê watertenks sal in die areas wat geraak word, beskikbaar wees.

Intussen het die DA se waterkenner, Rossouw Botes, bevestig dat die Brandkop-resevoir genoeg water bevat sodat die onderbreking in waterverskaffing so min as moontlik ontwrigting sal veroorsaak.

Volgens die metro se amptelike verklaring sal die watertoevoer vanaand om 12 uur onderbreek word en Vrydagmiddag 12 uur weer aangeskakel word.

Volgens Botes is hierdie tydsaanduiding akkuraat, mits niks met die onderhoudswerk aan die pyplyn skeefloop nie.

Die Toyota Cheetahs Akademie bied vandag ‘n rugby kliniek aan vir die “Kidz Care Trust” in Roodewal

Die Toyota Cheetahs Akademie bied vandag ‘n rugby kliniek aan vir die “Kidz Care Trust” in Roodewal

Die Toyota Cheetahs se akademie bied vandag ‘n rugby kliniek aan vir 25 kinders van die “Kidz Trust”, in Roodewal.

Die doel en inisiatief van die geleentheid is om kinders te bemoedig en te inspirer om hulle drome na te jaag ongeag van hulle omstandighede.

Penkopmonument bring hulde aan jong seuns wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het

Penkopmonument bring hulde aan jong seuns wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het

Die Penkopmonument naby Parys in die Vrystaat- bring hulde aan jong seuns wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het.

Dr. Danie Lagner, besturende direkteur van die FAK meen dat baie kinders is deur hierdie oorlog geraak en dat die sandstandbeeld, deur die beeldhouer- Jacques Müller, ‘n simbool is van kinders se bouwerk na die Anglo-Boereoorlog.

Die beeld is die van ‘n sterk seun met onder meer ‘n bandolier en pistool.