Gauteng: "LUR vir Onderwys het agtergeraak met sy werk"

Gauteng: “LUR vir Onderwys het agtergeraak met sy werk”

Die Vryheidsfront Plus sê die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het agtergeraak met sy werk, en dit veroorsaak onnodige spanning tussen die Departement van Onderwys en die skole in die provinsie.

Die party sê die Grondwethof het Lesufi in Mei 2016 opdrag gegee om toe te sien dat die nuwe voergebiede vir skole in medewerking met elke skool geïdentifiseer word, maar skole is nou eers daaroor ingelig.

Dit beteken dat hulle net ʼn maand gegun is om kommentaar te lewer op die gebiede.

En intussen sê die Gautengse Departement van Onderwys dat die plasing van leerders in openbare skole vir volgende jaar fluks vorder.

Meer as 200 000 is reeds by ʼn skool geplaas.

Die departementele woordvoerder, Steve Mabona, sê hulle moet nog 54 773 leerders plaas, wat tydens die aansoekperiode aansoek gedoen het.

Optog na die JEB teen die beweerde ekonomiese uitsluiting van bruin mense

Optog na die JEB teen die beweerde ekonomiese uitsluiting van bruin mense

Die Gautengse koördineringskomitee van die Shut-Down-veldtog sê hulle optog na die Johannesburgse Effektebeurs vandag is om aan te dring op die ekonomiese insluiting van bruin mense.

Die groep is ook besig om vir dié week ʼn landswye afsluiting te reël wat bekend sal staan as Bloed-Vrydag.

Die organiseerder, Anthony Phillip Williams, sê hulle verwag ʼn ordentlike antwoord vanaf president Cyril Ramaphosa aangesien hulle ervaar dat hulle die skyf is van ekonomiese uitsluiting.

Demo 3

Demo 3Demo 3Demo 3Demo 3Demo 3Demo 3