Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk
My eerste dag was redelik chaos. Om na ‘n paar jaar weg van die mik weer te moes uitsaai, was redelik interessant. Moes vinnig sink of swem. Vir die nuus het ek die weerklingel gespeel en vir die weer die nuusklingel. Aanhoudend die mik aan vergeet. Gelukkig was ek alleen en het nie veel gesê nie.

2. Wat sal jy jou boot noem?
Muismasjien.

3. Wat irriteer jou die meeste?
Mense wat lieg of nie hulle rigtingwysers gebruik nie.

4. Watse vreemde gewoonte het jy?
Ek trek altyd  hoendervelletjies af en sny die vet van my steak af; nie omdat ek gesond probeer wees nie, maar om dit laaste te eet. Ek hou van appelkooskonfyt op ‘n gekookte eier.

5. Daardie een ding wat nie by die werk moes gebeur nie
So tussen die musiek deur het ek lekker sit en Coke drink. Toe ek die mik aansit om ‘n advertensie te lees, glip ‘n “burpie” uit op die lug.