Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk 
Ek het soos elke omroeper opleiding by Jaco de Wet in die ontbytprogram in die ateljee ontvang. Ek moes deurgaans oor sy skouer loer, want daar is bloot nie tyd in die oggende om mooi te verduidelik wat aangaan nie. Die eerste dag was ek bitter senuweeagtig, maar daar het ek besef presies wat radio is en algaande ‘n heilige respek ontwikkel vir radio, veral in die ontbyt- en middaggleuwe!

2. Wat sal jy jou boot noem?
Lazy Einstein.

3. Wat irriteer jou die meeste? 
Ek is baie ongeduldig en om in ‘n ry in ‘n winkel te staan terwyl die persoon voor my vier jaar neem om ‘n brood en twee liter melk uit te pak en te betaal, is vir my ‘n steen des aanstoots. Ek het al ‘n winkeltrollie vol kruiderniers net so gelos en uitgestap omdat die persoon voor my so lank vat.

4. Watse vreemde gewoonte het jy?
Dit het te doen met ‘n kroegtoonbank. En ‘n drankie wat ek gemors het. Diegene wat my ken, weet. Die res nie. ‘Nuff said…

5. Daardie een ding wat nie by die werk moes gebeur nie
Die eiers wat Riaan Schoeman elke dag in die kantoor kook vir sy ontbyt, reg langs my lessenaar. Dit moet nooit weer gebeur nie. Nooit weer nie! Hahaha!