Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk
Soos met enige nuwe werk op die eerste dag is daar mos maar die “vlinders” in die maag.
Ek was vroeg by die ateljee om my voorbereiding vir die program te finaliseer. Soos die minute aftel het ek net vir myself hierdie rympie in my gedagtes oor en oor herhaal: “Wees kalm en haal normaalweg asem”.
Met so dertig sekondes oor voor ek op die lug gaan, slaan ‘n koue gevoel skielik oor my uit: MOET NET DIE LUISTERAARS MET ‘N HOESBUI GROET NIE!
Ek kan darem erken dat alles vlot verloop het en dit was “A-4-A-WAY”!!

2. Wat sal jy jou boot noem?
Aangesien ek ‘n gebore Kapenaar is, sal ek moet onderskei tussen ‘n “Boot”en ‘n “Seiljag”:
Boot: “Die Dansende Disa” (Daarmee vang ons net die beste snoek!)
Seiljag: “Contessa Da Capa” (Lang skemerkelkies op die dek terwyl die son ondergaan)

3. Wat irriteer jou die meeste?
Onbedaagsame motorbestuurders wat dink dat die pad aan hulle behoort. Om kanse te vat, bereik jy dalk nooit jou bestemming nie en plaas jy ander mense se lewens in gevaar.
Dit laat my altyd dink aan die storie van Casper de Vries, want elkeen van ons “praat” maar agter die stuur met ons medepadgebruikers! Hy vertel dit so kostelik en nes hy ook kan: “Jy daar agter die stuur van jou karretjie, volgende keer as jy skrik, dan skrik jy net vir my wakker!” Ek lag altyd lekker daaroor!

4. Watse vreemde gewoonte het jy?
Ek is baie lief vir braai, maar dit beteken weer aan die einde van die aand is daar heelwat meer skottelgoed waarvoor nie “begroot” is nie en dit gaan ook nie vanself skoon kom nie.
Ek kan ongelukkig nie die kombuis so los nie en sal alles was en wegpak, want dan kan ek in die oggend daai eerste koppie koffie uit ‘n skoon beker drink!

5. Daardie een ding wat nie by die werk moes gebeur nie
Af en toe word daar op Vrydaemiddae ‘n vuurtjie aangesteek om so bietjie spangees te bou. Een keer is die ys vergeet. Dit was die einde van die braai.

THE END!!