Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk
Ek het vroeg in 1994 oorgeneem as agentskapteller by Standard Bank op Edenburg. Van die Maandag tot die Donderdag het ek by my voorganger opleiding ontvang.
Toe die Vrydag aanbreek, was ek op my eie. Om ‘n agentskapteller te wees moet jy elke weeksdag met ‘n trommel geld na Reddersburg, sowat 25km ver ry en die kliënte daar se banksake hanteer.
Lang storie kort: Tien kilometer buite Reddersburg word ek letterlik van die pad afgeskiet en gekaap deur drie swaar gewapende mans. Hulle het weggekom met R33 000. Ek was gelukkig fisies ongedeerd, maar dit was beslis nie my idee van ‘n ideale eerste dag by die werk nie.
My eerste dag in die ateljee was vreesaanjaend. Dit was ‘n Sondagmiddag en ek het ‘n ateljeegas gehad. Dit was sink of swem. Die gas het te saggepraat en ek moes die hele tyd beduie dat hy nader aan die mikrofoon moest praat. Elke keer as ek wys, het hy ophou praat. Dit was een van die moeilikste ure op die lug.

2. Wat sal jy jou boot noem?
Onsinkbaar 2.

3. Wat irriteer jou die meeste?
Ek ly aan misofonia. Dit iriteer my wanneer mense kou en ek kan dit hoor. My vrou weet dit, daarom jou sy soms ys. Ek kan dit nie verdra nie!

4. Watse vreemde gewoonte het jy?
Wanneer ek die volume op die TV of motorradio stel, moet dit op ‘n gelyke getal wees.

5. Daardie een ding wat nie by die werk moes gebeur nie
Wanneer jy in die ateljee is met ‘n verkoue, jy vergeet die mikrofoon aan en die geluide wat na vore kom, is nou nie eintlik netjies nie.