Christine Lagarde het haar bedanking by die Internasionale Monetêre Fonds, aangekondig, kort voor daar gestem word oor die pos by die Europese Sentrale Bank

Die besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds, Christine Lagarde, het haar bedanking aangekondig, enkele ure voordat daar gestem sal word oor haar benoeming as hoof van die Europese Sentrale Bank.

Sy is van plan om die IMF op 12 September te verlaat.

Volgens BBC News, is dié voormalige Franse minister sedert 2011 hoof van die IMF.

Indien haar benoeming vir die Europese bank goedgekeur word, sal sy die eerste vrou aan die hoof van die bank wees en verantwoordelik wees vir die euro en die monetêre beleid van die Europese Unie.