Christopher Panayiotou teken appèl aan in die Grondwethof teen sy skuldigbevinding en vonnis vir die moord op sy vrou

Christopher Panayiotou teken appèl aan in die Grondwethof teen sy skuldigbevinding en vonnis vir die moord op sy vrou

Die voormalige Oos-Kaapse sakeman, Christopher Panayiotou, teken appèl aan in die Grondwethof teen sy skuldigbevinding en vonnis vir die moord op sy vrou.

Hy wil hê die beslissing moet omgekeer word.

Die Hooggeregshof in Port Elizabeth het bevind dat hy in April 2015 die moord op die onderwyseres Jayde met behulp van medepligtiges gereël het.

Die 32-jarige Panayiotou vra dat die land se hoogste hof moet bevind dat ʼn geheime opname waarin hy oor die moord praat nie deur die verhoorhof as toelaatbaar bevind moes word nie.