Cope het `n beroep gedoen dat die skuldiges in hegtenis geneem word wat betrokke was by die ontwrigting van die bekendstelling van die boek oor Ace Magashule

Cope het `n beroep gedoen dat die skuldiges in hegtenis geneem word wat betrokke was by die ontwrigting van die bekendstelling van die boek oor Ace Magashule

Cope het `n beroep gedoen dat die skuldiges in hegtenis geneem word wat betrokke was by die ontwrigting van die bekendstelling van Pieter-Louis Myburg se boek oor Ace Magashule in Sandton, Johannesburg.

`n Woordvoerder van Cope, Dennis Bloem, sê hulle veroordeel die barbaarse gedrag en sê vryheid van spraak moet verdedig word.

In nog reaksie het die mediawaghond, Media Monitoring Africa, die chaos by die boekbekendstelling as veragtelik beskryf.

`n Groep mense, sommiges in ANC-t-hemde het op Exclusive Books in Sandton City, toegesak en blaaie uit die boek oor Ace Magashule geskeur.

Die direkteur van Media Monitoring Africa, William Bird, sê sulke voorvalle kan nie in `n demokrasie plaasvind nie.