Cope wil hê dat selfoonseine in gevangenisse verwar word

Cope wil hê dat selfoonseine in gevangenisse verwar word

Cope gaan ʼn vergadering aanvra met die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, om te versoek dat toerusting wat selfoonseine verwar dringend in tronke aangebring word.

Meer as ʼn 100 selfone is gevind tydens ʼn onlangse klopjag op Pietermaritzburg se Nuwe Gevangenis.

Cope se Dennis Bloem sê die aanbring van die verwarringstoerusting sal misdaad in tronke bekamp.