Corruption Watch sê die bevindings van die Seriti Kommissie van Ondersoek is nie geloofwaardig nie

Corruption Watch sê die bevindings van die Seriti Kommissie van Ondersoek is nie geloofwaardig nie

Die organisasie, Corruption Watch, sê die bevindings van die Seriti Kommissie van Ondersoek is nie geloofwaardig nie.

Die kommissie het bevind dat daar geen korrupsie was tydens 1999 se wapentransaksie nie.

Corruption Watch het saam met die Right to Know-veldtog ʼn hersieningsaansoek ingedien en aangevoer dat regter Willie Seriti verkeerd was in sy aanname dat daar geen ongerymdhede was nie.

President Cyril Ramaphosa het gesê dat hy nie dié aansoek sal teenstaan nie.

Corruption Watch se David Lewis sê die kommissie het fouteer.