Corruption Watch sê hy is oortuig daarvan dat die laaste appèl vanaf Cash Paymaster Services geweier sal word

Die organisasie Corruption Watch sê hy is oortuig daarvan dat die laaste appèl vanaf Cash Paymaster Services geweier sal word.

Die Appèlhof het gister ʼn aansoek deur CPS aangehoor teen verlede jaar se beslissing van die Hooggeregshof in Johannesburg dat hy R316-miljoen aan die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap moet terugbetaal.

Die organisasie het beide CPS en Sassa in Maart 2015 ná die betaling voor die hof gedaag.

David Lewis van die NRO sê toe hulle na die Ouditeur-Generaal se verslag gekyk het, het hulle opgemerk dat dié betaling oënskynlik nie op kontraktuele gronde berus nie.