Cosatu sê Mboweni het ʼn baie kort wittebrood in sy nuwe werk

Cosatu sê Mboweni het ʼn baie kort wittebrood in sy nuwe werk

Cosatu is in gretige afwagting op die ter tafellegging van die minister van Finansies, Tito Mboweni, se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring môre en is van mening dat die ekonomie en die land in die algemeen in baie groter moeilikheid is as die heersende ekonomiese resessie.

Die vakbondfederasie sê hy besef dat dit slegs Mboweni se tweede week is, maar daar gaan geen wittebrood vir hom wees nie.

Hy sê daar is nie die luukse van tyd nie, want die 36% werkloosheidsyfer en die deurlopende posbesnoeiings in die meeste ekonomiese sektore het die werkers moeg en tam gelaat.