Cyril Ramaphosa gee ondersteuners die versekering dat die ANC na kritiek luister

Cyril Ramaphosa gee ondersteuners die versekering dat die ANC na kritiek luister

President Cyril Ramaphosa het vandag besoek gebring aan ʼn aantal plekke in die eThekwini-streek in KwaZulu-Natal in aanloop tot sy 8 Januarie-verklaring vanmiddag.

Hy het aan die lidmate van die Sentrale Metodistekerk gesê die ANC is ʼn party wat luister en burgers aangemoedig om nie te huiwer wanneer dit nodig is om die party reg te help en van raad te bedien nie.

Intussen sê Cope die stigterslede van die ANC moet vandag in hul grafte omdraai wanneer hulle na die huidige toestand van hul organisasie kyk.

Die ANC, Afrika se oudste bevrydingsbeweging, word vandag 107.

Cope se Dennis Bloem sê interne onenigheid en korrupsie het die handelsmerk van die ANC geword.